Thursday, January 24, 2008

24/01/2008


LEEs: Romeine 12:1-8
TEKS: vers 2
SING: Ps 139:6,9; Ps 142:1,6; Ps 63:2,3 (Wysie Ps 118)


TYDSGEES

Tydsgees en –modes is nie ons maatstaf vir ons Christelike lewens nie.

Dit is eenvoudig so, dat die “gees” van elke tydperk in die grootste mate deur sondige dinge getipeer en regeer word …. al wil ons dit so graag NIE glo nie.

In die “donker Middeleeue” was dit ook so: Selfs die kerk was deur MENSE se gevoel geregeer. Die onregmatighede en sedeloosheid was geregverdig, sodat mense nie die afwykende leiers van die “kerk” durf teenspreek nie.
Die woord van die mens staan voorop. Die mense het hulle vorige heidense lewens gelewe, behalwe op plekke waar dit ernstig uit die Bybel afgewys was, soos by die Waldense in Noord-Italië.
Die “Vaudois” (Waldense) was daaroor vir eeue lank vervolg deur die bstaande Roomse “kerk”.


Mense wat die Woord van God en Sy wil streng handhaaf was nog NOOIT gewild in hulle tyd, kerke en lande nie.
GEHOORSAAMHEID aan God se wil is nie juis `n gewilde soort lewe nie !
Mense vermy eerder so `n lewe waar alles GETOETS moet word aan God se Woord en wil. Die Humanis haat `n lewe waarin alles geregeer word deur `n ANDER WIL:
As God `n NUWE LEWE EIS, is dit vir die wêreldling nie aanvaarbaar nie. En selfs as hy dink hy dien God, moet dit op sy eie voorwaardes en wyse wees.

God eis dus:
1.VERANDER JULLE LEWENS, en
2.LEWE SOOS HY WIL


1.VERANDER JULLE LEWENS

Hierdie eis was deur ALLE tye vir die sondige mense `n probleem. Selfs vandag nog.

Satan, die Verleier, wil deur versoekings en gedagte-veranderings almal op `n ander pad lei.
Die sonde-wêreld verlei met sy glans, die vrysinnigheid, onsedelikheid.

Die woorde wat Paulus hier gebruik, vind ons ook in sy brief aan die Filipense:


=2=

“SKEMA” – die Griekse woord, waarvan ons eie afgelei is, wys op KONFORMISME met `n aarde vol sonde….
…. Ons moet een word, konformeer met die SKEMA, die leefstyl en gedagtes van ons tyd. Hier word eerstens die sondige, heidense lewensstyl van Paulus se tyd bedoel.

Mens se leef-wereld oefen druk op jou uit:
Word soos ons
Doen soos ons.
Dink soos ons.
Anders is JY “uit pas”.
Jy word uitgeskuif.

As jy nie getrou vasstaan nie, kom die verleiding stadigaan – ONGEMERK. Ons word gewoond gemaak aan hierdie gees van verandering:-
Wat kwaad is word goed.
Wat goed is, word kwaad.
Lees maar Jes 5:20. Hoe oud is Satan se aanslag nie al nie ! Sleg is goed, goed is sleg.
Wat jou ouers jou wou leer, is uitgedien. Dit pas nie meer in nie. As jy wil vriende maak, wil vorder in jou werk – WORD SOOS ONS !
Word `n lid van `n klub waar geen Christene is nie. Laat jou kinders maar in `n onchristelike skool bly, word maar `n Vrymesselaar.

Op alle gebiede word die TYDSGEES op jou afgedruk.
Naaktheid. Dobbel. Afwykende wetenskap. Geweld. Rewolusie.
In Paulus se tyd het hulle dalk `n “beter verskoning” as ons gehad – die mense het rou vanuit die heidendom gekom. Hulle heidense agtergrond was ver van uitgewis.
Die heidense SKEMA het nog in hulle harte gelewe !

Wat God hier aan ons laat verkondig, is dat ons moet BUIG ONDER DIE VERNUWENDE KRAG VAN GOD DIE HEILIGE GEES.
Volle oorgawe aan God is nodig vir `n verloste lewe.
Die beeld van God moet in ons sigbaar wees.


OPGESOM:

Vers 1 vermaan al dat ons OFFERS aan God moet wees.
Daarom mag ons onsself nie teen God se wil verhef nie.
Ons moet WERKLIK MEELEEF in sy gemeente.
Dra mekaar.
Luister na vermaning.

VERMY DIE GOD-LOSE TYDSMODES.
Jou doen en denke moet anders wees as die van die mensdom wat van God afvallig is.

2.HERVORMING, VERANDERING MAG SLEGS NA GOD SE WIL WEES

Ons moet streef na `n volmaakte lewe.

=3=

Beproef, toets alles wat jy doen
wat jy bywoon
wat jy glo en dink oor dinge

MEET DIT AAN GOD SE WOORD, TER WILLE VAN JOU SALIGHEID !

Hier kom ons by `n tweede woord wat ook in Filipense 2 gevind word: “metamorfose”.
Dit is iets wat saamgaan met `n ware bekering.
By reeds-bekeerdes moet dit `n daaglikse proses wees.

Watter BEELD vertoon ons ?
Die beeld van God, of die beeld van die wêreld ?
Is ons onderskeibaar ?

Paulus stel dat metamorfose beteken dat ons GEMOED verander moet word: JOU HELE WESE EN GEES !
Dit het nie net te doen met jou denke nie, maar alles wat jy doen.
Metamorfose moet wees soos die pragtige skoenlapper wat uit die onaansienlike wurm voortkom.

HOE IS DIT TE SIENE ?
Deur die werke, die vrugte van God die Heilige Gees.
Onderskei wat reg is (Filipense 1),
wees gevul met geregtigheid,
verstaan die wil van God, bepeins dit, ondersoek dit,
laat jou optrede daarvolgens wees.



Die wyse waarop God hierdie bevele in Rom 12 gee, is progressief, groeiend:
Hoe langer, hoe meer moet ons VOLHARD in die werke van die Gees.

Verse 1 en 2 is `n vermaning om nie op `n HALFHARTIGE WYSE God se wil te soek nie.
Begin elke dag met nuwe bereiheid.
Onderskei in elke siruasie reg en verkeerd.

Christus, wat in die GESTALTE van God was (WERKLIK God), het mens geword ter wille van ons verlossing.
Deur die wonder van God se liefde het Hy die Wet vir ons vervul, dat ons Hom daarin kan navolg.
Hy het die losprys vir ons betaal !

Van Rom 12 tot aan die einde van die boek beklemtoon Paulus hoe ons God vir hierdie verlossing dankbaar moet wees:
Hfst 13:14 som dit op, dat ons ons moet beklee met die Here Jesus Christus en geen voorsorg vir die vlees moet maak, om sy begeerlikhede te bevredig nie.

AMEN

- - - 0 - - -

No comments: