10.SESDE GEBOD: LEWE IS KOSBAAR
LEES: GENESIS 1:26-28; 2:7-8,15-17; 3:15-20
TEKS: 3:17(b), “vervloek is die aarde om jou ontwil.”
Vertellings oor die gebrek aan respek vir die lewe word is oral te kry – veral waar vertel word van primitiewe godsdienste. Kyk bv in Japan, waar selfmoord selfs as `n eerbare uitkoms beskou is wanneer iemand sy eer verloor het.
Mense-offers was nie skaars in die ou midde-ooste en onder die Inka’s nie.
In Genesis 1 tot 3 word die Openbaring van God vir ons hierteenoor gegee om ons anders te leer: Lewe is kosbaar, en lê nie in mensehande nie.
Wie hierdie hoofstukke nie ernstig neem nie, verander noodwendig aan wat die res van die Skrif leer.
Hoofstukke 1-3 gee die Openbaring in `n neutedop: Waar kom alles vandaan, waartoe het onse HERE dit geskep, en waarheen lei Hy
dit ? Selfs ons verlossing deur Christus word belowe in die Moederbelofte van 3:15.
Ons hoor in hierdie hoofstukke van die skepping van lewe, waar die dood ingetree het en hoe God ons daarvan bevry.
1.DIE SKEPPING VAN LEWE
Die plante- en diereryk kom ook van God – in sy oneindige verskeidenheid.
Ons lees egter van `n groot verskil tussen hulle skepping en DIE van die mens:-
Die Woord gee geen fyner besonderhede oor hulle skepping nie. Al wat ons lees is dat Hy net gesê het . . . en dit was so. Verder help dit nie eers om te spekuleer daaroor nie. As dit nodig was vir ons geloof, sou dit gemeld gewees het.
Daarteenoor word besondere aandag aan die skepping van die mens gegee.
Die wonder van Genesis 1-3 is dat dit in die geloof aanvaar moet word, maar steeds nie ondersoek verbied nie. ONS MOET EGTER NIE DIEPER KRAP op `n manier waardeur ons geloof en redding skade ly, of verwarring geskep word nie.
Laat ons liewer hou by wat duidelik is, en onduidelike dele van die Skrif verklaar uit duidelike dele.
2.DIE SKEPPING VAN DIE MENS – ANDERS AS MET PLANTE EN DIERE
a) Die Drie-Enige God HOU RAAD voordat die mens geskep is: “Laat Ons mense maak . . .”
Dit moet dadelik wys op iets anders en besonders.
Hy maak alles, en ten laaste die mens, as KROON van die skepping.
Slegs hier word van besondere Goddelike oorweging gemeld. Natuurlik moes daar by die res van hierdie magtige skeppingswerk
-2-
ook Goddelike beplanning en rigting-gewing wees . . . maar net wat die mens betref word iets besonders meer vertel.
b) MEER BESONDER nog is dat die mens geskape word “NA ONS BEELD”.
Ons weet uit die Woord dat dit nie `n letterlike, liggaamlike beeld is nie, maar GEESTELIK: In Efes 4:24 sê Paulus immers dat ons as nuwe mense in Christus TERUGKEER en HERSTEL word as beeld van God: “IN WARE GEREGTGHEID EN HEILIGHEID.”
Die mens is geskape as profeet om God reg te ken, loof en verkondig . . .
as priester om Hom opreg lief te hê en gewillig te dien, en as koning om oor die skepping te regeer.
Geskape met hart, hand en verstand !
Van wat anders in die skepping kan dit ook gesê word ?!
Die mens is nie bloot aan die stoflike dinge verwant, soos die ongelowige evolusionis beweer nie . . . maar volgens die OPENBARING; OOK AAN DIE ONSTOFLIKE ! Die mense-gees kan op geen manier beskryf word nie, want hy is geheel en al ANDERS as die diere, deur “iets” wat hy van God Self ontvang het:
c) God het SELF die LEWENSASEM in die mens “geblaas”.
Hier word nie bloot gepraat van die suurstof-kombinasie wat ons liggame nodig het om te lewe nie – dit is hierdie “andersheid” wat hom onderskei van alle ander lewe, wat Persoonlik van God af kom. Hierdie BEELD en GEES !
d) Die mens is wel uit die “stof van die aarde” gemaak, soos alle ander lewe tog ook uit die ELEMENTE wat God gemaak het, bestaan.
MAAR:
Van NIKS anders word gepraat van so `n PERSOONLIKE skepping nie.
Wat die plante en diere betref, spreek God, en hulle word in aansyn geroep.
MAAR: Die mens word op `n PERSOONLIKE wyse deur God Self gemaak … ons kan maar sê: MET SY EIE “HANDE”.
Hierdie “stof van die aarde” moet dus NIE gesien word as iets gewoons nie, maar wys op die delikate, wonderbare saak van die mens se liggaam IN VERBINDING met sy lewensgees wat maak dat hy VERSKIL van alle ander lewe in die skepping.
Deur Persoonlike INWERKING van die Skepper-God word hier `n wese in aansyn geroep wat totaal verskil en verhewe is bo alle ander lewende wesens.
DIE MENS SE LEWEND-WORD KAN NIE OP DIESELFDE LYN GESTEL WORD AS DIE VAN PLANTE EN DIERE NIE.
Ons mag nie nalaat om tog NOG `n ding of twee te noem wat die skepping van die mens ONDERSKEI van die van plante en diere nie:-
-3-
e)Die mens kry `n HEERSERSOPDRAG oor die res van die skepping: werk en bewerk.
f) NET van die mens word gesê dat DIE HERE besondere bemoeie- nis met hom gemaak het, soos om die tuin van Eden as `n spesiale verblyf vir hom te gee.
g) NET aan die mens word die besondere opdrag gegee om die skepping TE BEWAAK: daar was vyande (gevalle engele), waarteen die skepping beskerm moet word !
h) Dat die mens aan die diere name moes gee wys ook op `n verhewenheid bo hulle. Dit word weerspieel daarin dat die name wat hy gegee het, van krag was.
i) Kom ons noem `n finale bewys van die mens se verhewenheid, en veral ANDERSHEID: HY HET ONDER DIE DIERE GEEN MAAT GEVIND WAT BY HOM PAS NIE.
3.DIE MENS SE LEWE WORD HoëR GESTEL AS ALLE ANDER LEWE !
God se Uitverkiesing van mense wys ook daarop (Efes 1).
Dit beklemtoon ook die belang van menselewens.
Die dood was die groot deel van die STRAF op die sonde . . . dat die dag wat die mens God se gebod oortree, die DOOD sal intree.
Dadelik sterf Adam en Eva GEESTELIK. Hulle word geestelk dood.
Hulle het ook dadelik die LIGGAAMLIKE dood begin, hoewel dit in daardie tye nog honderde jare geneem het om in te tree.
DIE ERGSTE WAS DAT DIE EWIGE DOOD OP ALLE BESTAAN SOU VOLG.
TOG belowe DIE HERE verlossing !
EEN uit die vrou se saad/nageslag sou kom wat Satan sou vermorsel. Hy sou deur Sy dood ons ewige dood afwend.
Jesus Christus, onse HERE, het nie net ons menselewe op Hom geneem nie - - - Hy het vir ons die dood deurgegaan en oorwin.
Hiermee moet ons die KOSBAARHEID van lewe leer ken . . . natuurlik in besonder die lewe van die mens.
Daarom hierdie GEBOD van God as deel van die 10 Gebooie:
JY MAG NIE DOODSLAAN NIE.
Die nuwe vertaling (1983) loop hiermee ook die verkeerde pad van menslike interpretasie, as dit eiewillig hierdie gebod
VERSMAL . . .
-4-
deur te maak asof dit net te doen het met “moord pleeg”.
DIE MENSE-LEWE IS MEER AS NET `N HART WAT POLS EN BLOED WAT DEUR JOU ARE VLOEI . . . .
JOU WARE LEWE IS JOU GEESTELIKE BEELD-VAN-GOD-WEES !!
En dit is waarom moord meer is as net `n lewe eindig.
Alle haat en nyd is DIE WORTEL van doodslag. Alle dinge wat die mens se lewe bedreig, van watter aard ook al, IS DOODSLAG.
Die geskiedenis van die mens na die Sondeval is meer as net `n intree van die liggaamlike dood. Die mensdom het die ewige dood betree, en NIEMAND, BEHALWE GOD, HET DIE REG OM `N LEWE TE BEeINDIG NIE.
As Hy aan die owerheid die swaard gee, is dit steeds om die EERBIED VIR LEWE lewendig te hou . . .
JY MAG NIE DOODSLAAN NIE.
God het lewe geskep, en Hy alleen mag die einde daarvan bepaal.
Wat `n wonder !
LEWE !
Daarom `n Gebod daaroor.
Ons kan slegs biddend LEWE en alle lewe beskerm, want in jesus het ons aleen die Weg, die Waarheid en diE LEWE,
JA, DIE EWIGE LEWE.
AMEN.
- - - 0 - - -
Wednesday, August 1, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment