Tuesday, July 3, 2007

Oordenkings vir Radio Pretoria – Julie 2007

2.EENHEID IN GOD SE NAAM EN WESE

LEES: Exodus 3:1-15
TEKS: vs 14,15

Om iemand werklik te ken, moet mens eintlik sy naam ken. Om net sy naam te ken, beteken nie dat mens werklik sy herkoms ken nie …
en dan weet jy eintlik nog min van hom.
`n Naam vertel vir ons soms baie. Dit kan `n aanduiding gee van watter land jy is en baie kombinasies van name kom werklik al vir lank uit verbondsgeslagte. Wanneer mens sekere name hoor, maak jy sekere assosiasies, of `n prentjie kom in jou gdagtes op.

Hoewel die meeste name vir ons deesdae net `n klank is, bly dit vir jou `n deel van iemand om sy naam te hoor.
Mense se name het dus al baie verloor, omdat ons veelal nie die oorspronklike betekenis daarvan ken nie. Tog gee ons betekenisvolle name aan diere, sterre, plante, visse en alles om ons.
Sulke name vertel iets van die ontdekking daarvan, wie iets ontdek het, eienskappe va die ontdekte ding. By plante en diere vertel die wetenskaplike naam selfs tot watter familie dit behoort.


In die Bybelse tye het name gewoonlik veel meer betekenis gehad. Dit kon vertel van iemand se geboortegeskiedenis, die ouers se verwaginge van die kind, sy afkoms.
Sekere name was profeties van betekenis, gegee deur God Self.


So het DIE HERE in Sy Woord-Openbaring ook Name gegee waarmee ons Hom kan ken .
= Ons kan Hom ken, in so verre ons in staat is om Hom te ken.
= Tog gee Hy Name wat ons kan verstaan.
= Egter: selfs as Hy Sy Verbondsnaam, JAHWEH, aan Moses bekendmaak,kan ons nie daaraan dink as `n “absolute” Naam nie: `n Naam wat Sy Wese totaal uitdruk nie, want in ons sondestaat kan ons Hom nie volkome ken nie.
Wanneer Jakob Hom na Sy Naam vra, is Sy antwoord: “Waarom vra jy tog My Naam ?” Jakob ken God tog sover dit vir hom nodig is.

Tog word aan Moses hierdie Naam bekend gemaak.
Ons sal die wat en waarom beter verstaan as ons kyk na
1) Die besondere gebeure hier en
2) Die NAAM wat openbaar word.



DIE BESONDERE GEBEURE

Tevore het God Hom selfs in geweld openbaar, soos met die Sondvloed, en toe Hy Sodom en Gomorra verwoes het.

Hier gebeur iets heel anders. Hy openbaar Hom wel in `n vuurvlam, maar die doringbos word nie deur die vuur verteer nie.
Dit getuig van Sy vredeliewende bedoeling met sy volk.
= Hy gebruik `n beeld van die mees nederige: `n doringbos –
Die mens moet selfs nie die geringste van Sy openbaar-
-2-

makings minag nie.
= Hy wys dat Hy met ons kan werk sonder dat Sy heiligheid
ons verteer.

Hierdie verskyning was profeties van hoe Hy met Israel gaan werk:
Hy gaan hulle heilig,
hulle erken as Sy volk,
sonder om hulle te verniel of verteer,
want Hy ken hulle swakhede.

Daarby laat Hy dit vir Moses duidelik blyk:
Hy ken Sy volk se verdrukking,
Hy gaan hulle uitlei deur Sy krag, wat selfs die
natuurwette te bowe gaan, en
Moses gaan Sy instrument wees.

Dan toon Moses sy nederigheid voor DIE HERE. Hy bevraagteken sy eie bekwaamheid vir die groot taak, hoewel hy in Farao se paleis grootgeword het, waar hy geleer het hoe `n volk gelei word.
Hy vra die vraag na God se NAAM.
Dit was seker dat die volk hom sou vra om `n naam. Hulle leef nou al 400 jaar in Egipte, waar vele afgode gedien is. Watter god sou Moses nou verteenwoordig en wie se gestuurde is hy.

Hy ontvang hierdie besondere NAAM, JAHWEH, om bekend te maak, en kry die versekering dat hulle God op hierdie selfde berg sal aanbid.
Moses kan dan `n baie besondere openbaring van God bekendmaak. `n NAAM soos wat nog nooit geken is nie. Dit moes hulle iets vertel van Sy Wese. Hiermee kon Moses iets weergee van hierdie heerlike verskyning. Wat hy ondervind het, is anders as wat enige mens ooit van God ervaar het.

DIE NAAM WAT BEKEND GEMAAK IS
Moses se vraag na God se NAAM was nie `n teenstribbeling nie, dus kry hy `n antwoord. Hy wat die harte ken, weet wat Moses se nood is, en Hy antwoord:”JAHWEH” …. “EK IS WAT EK IS.”

Hy IS – Homself altyd gelyk. Hy kan nooit minder wees nie en IS van ewigheid tot ewigheid God.

As Moses net vir die volk gese het die God van Abraham, Isak en Jakob het hom gestuur, kon hulle nog vra watter een van die baie “gode” wat hulle in Egipte leer ken het.
Hierdie NAAM moes hulle begryp daar is nie onder die heidene se gode `n ware God, soos Hy nie. Hy kan nie gelyk gestel word aan hierdie nietige mense-uitdinksels nie.

HY IS EN BLY DIE GENADIGE GOD VAN DIE VERBOND, WAT HULLE VADERS GEROEP HET. Die wonder-verskyning in die doringbos moes hulle dit al leer.
HY IS DIE ENIGSTE WARE GOD.
Dit is `n NAAM wat deur enige volk in alle tye verstaan sal word deur die wat tot die ewige lewe uitverkies is.

-3-

Sy NAAM spreek van Sy bestaan as die Waaragtige, wat nie met
Die afgode verwar moet word nie.
Sy WESE is nie met stomme beelde vas te vat nie.

EK IS ! en is aan geeneen onderwope nie.

EK IS WAT EK IS !
Ewig, onveranderlik, nie aan tyd gebonde nie.

Die troos in hierdie openbaring van Sy NAAM is dat mens nie op `n veranderlike kan vertrou nie. Hier het ons met Hom te doen wat ewig IS WAT EK IS sal bly. Op Hom kan ons alleen vertrou.
Hy is God, wat kan se EK IS.

Omdat Hy IS – werklik en ewig bestaan, is dit immers veel makliker om Hom te bly dien en in Hom te glo.
Ons kan Hom uit al Sy werke ken.

Sy NAAM spreek van God se abslute Selfkennis: EK IS altyd ten volle WAT EK IS – vol majesteit, vol van krag en heerlikheid, heiligheid, trou en liefde.

Nou kon Moses dit aan die volk gaan bekendmaak: JAHWEH het my gestuur !
= Hy het ons nie vergeet nie !
= In Israel se krisis-uur van slawerny en verdruk-
ing in Egipte tree JAHWEH weer op !


In hierdie Verbondsnaam het God ook sy Verbondsbeloftes aan Abraham vervul:
Abraham het `n groot volk geword.
Hulle het die Beloofde Land ontvang.

Maar veel meer:-
Al was hulle deur die volgende eeue meermale ontrou, het God hulle bewaar om die werklike, groot belofte van Sy Verbond te vervul:
DIE VERLOSSER VAN DIE WeRELD, JESUS CHRISTUS,
HET UIT ABRAHAM SE GESLAG IN GEKOM.

Hoe kon Pilatus dit begryp, as Jesus hom reguit antwoord dat Hy alles IS waarvan Hy beskuldig word ?
Die Fariseers kon dit ook nie vat nie, omdat hulle die Openbaring van God in die Ou Testament vervang het met menslike leringe.

Daarom het hulle Hom nie verstaan nie, en het Hom gehaat, toe Hy Homself openbaar as EK IS ….
EK IS die lig van die wereld.
EK IS die brood van die lewe.
EK IS die lewende water.
EK IS die ware wynstok, ens.

Hulle wou nie besef dat vleeslike afstamming van Abraham geen waarborg vir jou saligheid is nie, maar soos DIE HERE deur Sy

-4-

profete geleer het: God soek nie julle uiterlike offers nie, maar dat julle hart en siel aan Hom behoort.

Omdat hulle nie in Sy EK IS-uitsprake die Ou Testamentiese beloftes gehoor het nie, het hulle Hom nie geglo nie, en was daarom anders as hulle voorouers in Egipte, wat Moses geglo het, toe hy verkondig het dat JAHWEH, EK IS, hom gestuur het nie.

Daarom het `n groot deel van die Israeliete van die Apostels se tyd hulle rug op JAHWEH gedraai, en nie kon glo, toe Hy Sy Verbond vervul het nie.
Hulle wou nie Jesus se prediking en wonders glo nie, soos Israel so baie nie die profete wou glo nie.

Omdat hulle nie in EK IS – Jesus Christus, ware, ewige God – wou glo nie, het hulle hul eie “ek is” verloor” ….

want geen Israeliet of enige ander mens kan sonder
Christus se: “Ek is kind van God” nie,
En ook nie dat hul stene IS in God se lewende tempel nie, of hulle IS lede van die lewende liggaam van Christus (die Kerk) nie.

Sonder Christus is mense nie bestem vir die ewige lewe nie, vir die Koninkryk en sy seeninge nie.

JAHWEH – die ewige, Drie-enige God – het in Christus vervul wat deur die uittog uit Egipte afgebeeld was: ons Verlosser het ons uit die slawebande van die dood en van Satan kom verlos.
Hy kon dit doen, omdat Hy IS: “EK IS WAT EK IS”.

Hy alleen kon van BO hierdie dinge doen, wat ons as sondige mense nie “van onder” af kon doen nie.
Ons kan nie self “na bo” klim, soos die evolusionisme glo, dat ons self goddelik sal word nie.

Hoe heerlik om op die onveranderlike God te kan vertrou.

Sy liefde word nie deur die gang van die tyd verroes nie.

Laat ons dan glo in Hom, wat sy NAAM in dade gestand gedoen het:

In Hom lewe ons, beweeg ons en IS ons wat ons in Christus geword het - `n nuwe, herstelde mensheid.

Amen.

- - - 0 - - -

No comments: