Monday, July 30, 2007

9.DIE REUKOFFER ALTAAR: VOORTDURENDE TOEWYDING

LEES: Exodus 30
KERN GEDEELTE: Exodus 30:1-10, 34-38
Let veral op vs 6 en 3

Die reukoffer altaar was in die plek waar dit geplaas is, en in sy betekenis as’t ware samevattend van die hele erediens in die Tempel.

Dit het saam met die goue kandelaar en die tafel met die toonbrode in die Heilige gestaan – die tweede deel van die Tempel. Eers was daar die voorhof waar die offers gebring was, dan die Heilige en laastens die Allereiligste, waar die Verbondsark gestaan het: God se Troon in Israel.
Die reuk-altaar het reg voor die Allerheiligste gestaan, voor die swaar voorhangsel/gordyn wat die twee dele van die Tempel geskei het.

Die bediening wat hier plaasgevind het, spreek van iets besonders, want dit was verteenwoordigend van alles in die Israeliete se lewe van toewyding aan DIE HERE.

Alles wat God beveel het oor hierdie altaar en sy offers was vol betekenis en simboliek, daarom moet ons let op
1. Die plek,
2. die tye van bediening en
3. die wyse van bediening en bestanddele.


1.DIE PLEK

Dit was reg voor die voorhangsel en die Allerheiligste, waar die Ark gestaan het.

DIE HERE het Moses verseker dat Hy met hom in die Allerheiligste sal saamkom. Daar kon Sy dienaar namens die volk voor die Troon van God kom.
In hoofstuk 25 verseker DIE HERE Moses dat Hy daar, van die Ver-soendeksel van die Ark af, met hom sal praat. Die deksel van die Ark met die beelde van twee Gerub-engele daarop, het die versoening van die volk met God versimboliseer. Binne die Ark was die kliptafels met die Wet, wat deur God Self geskryf was.
Dit beteken nie dat die versoening die Wet tot niet gemaak het nie (Matt 5:17), maar dit het simboliseer dat
God Sy volk aangeneem het en deur die werk van die
Verlosser wat kom, die Wet laat vervul.
GOD SOU DIE VERSOENING SKENK !

Wat die plek/posisie van hierdie altaar beteken, is dat dit REG VOOR DIE ARK VAN GOD GEPLAAS WAS, al was daardie swaar gordyn tussen hierdie twee voorwerpe in die Tempel.
Die BETEKENIS: Die mens kan nie met sy sondes in die heilige teenwoordigheid van God Self kom nie, want Sy toorn sal ons verteer.
Hierdien PLEK, hierdie PLASING van die altaar, deur God beteken dat Hy vrede bring – VERSOENING – tussen Hom en Israel. Die

-2-

altaar van ons gebede kan voor Sy troon staan, en daar kan `n daaglikse heilige diens plaasvind
wanneer die diensdoende priester soggens en saans n mens
die hele volk die besondere wierook-mengsel aan die brand
steek.
AL WAS DIE VOORHANGSEL DAARTUSSEN,KON DIE REUKWERK SONDER VER- HINDERING TOT BY DIE TROON VAN GOD (DIE ARK) KOM.

Al is daar afstand tussen die Allerhoogste en die sondige mens, skep Hy die vrede waardeur ons so naby aan Hom kan kom – soos Israel met die reukoffer.


In die Heilige deel van die Tempel was daar ook

DIE GOUE KANDELAAR EN DIE TAFEL MET DIE TOONBRODE:-
Hulle betekenis
= Die reukoffer verteenwoordig die gebede van die gelowiges, wat
ook deur die kandelaar uitgebeeld is. Die Heilige Gees se werk
word o.a. deur die kandelaar uitgebeeld – Hy wat ons gebede
verklank en heilig.
= Die toonbrode beeld die offerlewens van die gelowiges uit.


2.DIE TYE VAN BEDIENING

Die reukoffer moes elke dag tweemaal gebring word.
By die oggend- en aandoffers moes daar `n spesiale mengsel met wierook op die altaar aan die brand gesteek word. Die voortdurende offers buite in die Voorhof is so in die Heilige in-gedra, en verbeeld die volk se direkte kontak met God.

Dit moes die Israeliete al iets leer:
Die HELE dag en ELKE dag van hulle lewens staan in die teken van die versoening met God, wat deur die brandoffers afgebeeld was. Dit het op sy beurt weer Christus se versoenende bloed afgebeeld, wat in die toekoms moes kom.

Hierdie reukoffer moes die toegewyde en biddende harte van die gelowiges voor God se troon – hier verbeeld deur die Ark – afbeeld. Daarom stel God dit in as `n offer wat vir altyd moes voortgaan. Dit word uitgedruk in die woorde “in julle geslagte.”

God eis voortdurende toewyding.

Die mens kan NOOIT onafhanklik raak van God se genade nie.
Elke asemtog kom van Hom.
Deur Sy voordienige bestuur hou Hy Sy hand altyd, oral, op alle dinge en mense. Die toewyding van die Verbondskindes van God moet daarom ook voortdurend wees.


Noudat ons hierdie belangrike aspekte van die reukoffer in gedagte het, kan ons kyk na die RYK simboliese inhoud van die reukoffer self:-

-3-

3.DIE WYSE VAN BEDIENING EN BESTANDDELE VAN DIE REUKOFFER

Om te wys dat hierdie dinge nie net vir die ou Israeliete van betekenis was nie,
maar ook vir ons soveel duisende jare later,
moet ons tog uitlegging verskaf uit hierdie gedeelte.

Dit leer selfs vir ons iets oor ons toewyding en getrouheid in God se diens.

EERSTENS: Die priesters moes in besonder geheilig word om die diens in die Tempel te verrig. Hulle was permanent, in hulle geslagte, afgesonder (geheilig) wees vir hulle diens in die Tempel.
Dit was die plek deur God verkies. Elkeen kan nie maar sommer op sy eie tuis, en op eiewillige wyse, God se diens dalk ontheilig nie.

GEEN EIEWILLIGHEID IN GOD SE DIENS IS TOEGELAAT NIE !
Hy ken die mens deur en deur.
Daarom het Hy beveel dat selfs hierdie altaar elke jaar weer besonder gewy – geheilig – moes word, op die Groot Versoendag.
Die was die dag waarop die Hoëpriester vir die priesters en die volk se sondes in die Allerheiligste kon ingaan om die versoenende bloed van die offers op die Versoendeksel van die Ark te sprinkel.
Dan moes hy ook aan die horings op die hoeke van hierdie reukoffer altaar van die versoenende bloed aanbring om die hoog- heiligheid van die altaar te behou.


Reeds is gesê dat die onophoudelike reukwerk die gebede van die gelowiges simboliseer. Alles wat verder oor die INHOUD van die reukoffers beveel is, moes die Israeliete iets leer oor die gebed – en ook vir ons.

DEUR CHRISTUS, ONS BORG EN MIDDELAAR, KAN ONS GEBED VOOR GOD SELF KOM.

Die versoening wat Hy tussen God en mens gebring het, was so kragtig dat dit selfs in die verlede kon geld. Deur die krag van Sy volmaakte offer aan die kruis is ook die offers van die gelowiges in daardie tye geheilig en gereinig.

Selfs die reukoffer altaar moes geheilig word deur Sy versoenende bloed. Dit is omdat ons gebede self ook in die swakheid van die sonde as offers gebring word,
CHRISTUS IS ONS VOORSPRAAK BY DIE VADER. Deur Hom word ons gebede `n aangename geur voor God se troon. In Openbaring word ons gebede selfs aangedui as goue skale vol wierook !

Die Israeliete moes deur die bediening by die reuk-altaar leer dat hulle offers niks beteken het, as dit nie uit rein harte en met gebed gebring is nie.

Dit geld vir ons vandag net so.
-4-

Ons lewens moet as offers aan God gewy wees.
Ons offers sou ook niks beteken as dit nie gepaard gaan met voortdurende gebede nie. Die hele lewe moet toewyding wees in offer en gebed. Daarom vermaan Paulus ook dat ons nie aards in ons gedagtes moet wees nie, maar die dinge moet bedink wat daarbo is, waar Christus troon aan die regterhand van die Vader.

DIE BESONDERE VOORSKRIFTE VIR DIE REUKOFFER:-

Die bestanddele van die reukoffer was kosbaar. So moet die gebed as iets kosbaars onderhou word.

Sout mag nie ontbreek het nie: Die simboliek was dat, soos sout bewarend werk, moet die gebede bewarend deur ons lewens werk. Ons mag nie verswak in ons gebede nie.
God bewaar ook Sy Verbond, soos sout bewaar.

Besonder was dat hierdie besondere reukwerk deur NIEMAND gebruik mag word vir enigiets anders nie. Niemand mag dit waag om dit vir daaglikse gebruik aan te wend of aan afgode te wy nie.
Die een wat dit sou waag, moes gedood word !
Nie soos die ’83 vertaling sê: “afgesny” nie, maar gedood, want God deel sy eer met niks nie.
EIEWILLIGE godsdiens is `n gruwel voor Hom. Daarom het Hy Aaron se twee seuns BY die altaar laat sterf toe hulle “vreemde vuur” wou bring.
Jesus waarsku ook: “Tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer WAT GEBOOIE VAN MENSE IS.”

DIEN GOD ALLEEN.
Dien Hom REG.
Aanbid Hom alleenlik !


CHRISTUS wat die Wet vir ons volbring het, het al die Ou Testa-
mentiese voorskrifte vervul, volbring en volmaak.

Hy het ons geleer wat voortdurende gehoorsaamheid, toewyding en aanbidding werklik is. Dikwels het Hy Hom onttrek van die mense, om met die Vader in gebed te verkeer.

Hy het ons geleer hoe ons werklik moet bid, toe Hy die Onse Vader gegee het as “model-“gebed. Ons mag ook nie soos die Fariseërs vir die skyn bid nie.

In ons gebedslewe gaan dit ook nie oor die lengte van gebede nie, tyd en plek maak nie saak nie, en dit moet uit rein harte, in die geloof wees.

Tog moet ons voortdurend bid. Die gebed word nie verniet die “asemhaling” van die gelowige gees genoem nie. Wie kan ophou asemhaal en bly lewe ?
Ons moet ook glo dat God kan verhoor as die Almagtige, en wil verhoor as getroue Vader.


-5-

Deur die gebed kom ons deur Christus nou werklik voor die hemelse troon.

Ons mag selfs weet dat DIE HERE op die gebede van die gelowiges die Wederkoms van Christus verhaas, dat ons ewig in volkome reinheid God sal dien.

AMEN.

- - - 0 - - -

No comments: