6.`n LEWE MET GOD
Hebreërs 11:1-6; Genesis 5:24
“En Henog het met God gewandel,en hy was daar nie meer nie, want
God het hom weggeneem.”
Publieke opinie kan soos `n hewige storm wees, wat alles meesleur.Dit is nie maklik om teen te staan nie. Dit is gewoonlik wat die meeste mense dink – die algemene mode van die tyd …. die “in”-dinge en idees.
Daar is gevare aan verbonde. Waar verkeerde idees posvat, swaai dit moeilik weer. Baie mense moet bereik en beinvloed word. Daarby kom die gevaar van die aanloklikheid van die sonde, wat mense nie maklik laat los nie.
Die skynbare “logiese” redenasies en “wetenskaplikheid” waaragter opinies soms skuil is moeilik om te weerlê.
`n Tweede inleidende punt is om daarop te wys da Christus gesê het dat die eindtye weer sal wees soos die tyd voor die Sondvloed – die tyd waarin Henog en Noag gelewe het.
Toe was die “publieke opinie” van die dag om altyddeur net ongebonde sonde te doen. Oor `n honderd jaar lank het Henog en Noag gepreek en gewaarsku.
Maar publieke druk werk aansteeklik, en die jong geslag is deur die eeue die eerste teiken. As iemand met verkeerde beginsels grootgeword het, verander hy moeilik.
Die groot vraag, wat bykans nooit meer gevra word nie, is of iets bevorderlik is vir heilige lewens voor God: lewens soos die van Henog.
Van Henog word uiters min in die Woord gesê, maar tog word hy tweede genoem in die lys van geloofshelde in Hebr 11.
Te midde van toenemende druk op ons Christelikheid staan sy naam vir ons hier as `n aanmoediging en troos.
1.HENOG WORD `N MAN VAN GOD GENOEM
Henog was profeet van God in `n tyd van die ergste afval. Hy het met God gewandel: dws, werklik `n geloofslewe gelei.
Waar God deur die dood van Abel getuienis gegee het deur die dood van `n regverdige, gee Hy in Henog se geval getuienis deurdat Henog nie die dood gesmaal het nie.
Hy verskil totaal van die Henog uit Kain se geslag, wat `n goddelose was (Gen 4).
Daarvan lees ons in Hebr 11.
Wat beteken dit om te “wandel met God ?”
Dit is die teenoorgestelde van die pad van die goddeloses wat Psalm 1 vir ons teken:-
dit is om te wandel in die raad van die goddelose, wat
lei daartoe dat mense te staan kom op die weg van die
sondaars en uiteindelik sit in die kring van die spotters.
-2-
So word vir ons die lewenspad geteken WEG van God af, tot mense tuis geraak het in die boosheid self. Hy word een met die opinies van die sondige wêreld.
Spreuke 4:18 leer ons waar “wandel met God” heen lei: “die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe. Vers 19 teken die goddelose se pad as duisternis, en dat hulle nie weet waaroor hulle sal struikel nie.
HOE KAN GELOWIGES IN TYE VAN GEDWONGE VERANDERINGE BLY STAAN TEEN DIE POPULêRE VERLEIDINGS VAN HULLE DAG ?
In Judas 1:14 word Henog se voorbeeld gegee om ons die pad te wys: Hy het nie geswyg teen die sondes van sy tyd nie !
Hy sou beslis die spot en harde woorde moes verduur van die publieke opinie van sy tyd. Hy sou moes bly staan teen die “logika” en “wetenskaplikheid”.
`N WARE GELOOF, sê God aan ons in Hebr 11, is waardeur ons `n vaste vertroue kan hou in die dinge waarop ons hoop, en kan vashou as bewys van die dinge wat ons nie kan sien nie.
Soos die getroues van die ou tye sal ons deur die geloof hierdie getuienis ontvang.
Die geloof is ons FONDAMENT.
Geloof is `n SEKERHEID.
Hou daaraan vas in die groeiende eindtye, dat ook die volgende geslagte kan skitter in hulle getuienis soos Henog in sy tyd.
2.HENOG IS OPGENEEM, SONDER DAT HY GESTERF HET
Hiermee belowe God allermins dat alle gelowiges nie die dood sal smaak nie, maar daar is troos in wat met Henog gebeur het.
Met Henog en Elia het verseker gebeur, wat in 1 Kor 15 gesê word van wat sal gebeur met die mense wat nog lewe wanneer Christus weer kom.
Monday, July 16, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment