Tuesday, July 10, 2007

4. CHRISTUS, MOSES EN ELIA

LEES: Markus 9:2-7
TEKS: v 4



Waarom was dit juis Moses en Elia wat op die Berg van Verheerli-king aan Jesus verskyn het ?

1. Hulle het`n besondere plek ingeneem in die geskiedenis van God
se openbaring aan die mens

Mens sou kon wonder waarom nie byvoorbeeld iemand soos Abraham of Dawid nie.
Abraham word tog die vadervan die gelowiges genoem. Met hom het God die Genadeverbond gesluit, wat beteken het die die Verlosser uit sy nageslag sou kom.
Dawid word `n “man na God se hart” genoem. Hy was digter van `n groot deel van die Psalms, wat gelowiges nou reeds eeue lank sing. Hy was die man wat finaal Israel se ou vyande verslaan het.

Mens kan nog name noem soos Henog, wat net soos Elia in die hemel opgeneem is, en dan is daar nog die “groot profete” soos Jesaja, Jeremia en Esegiel, wat die groot boeke van die Ou Testament geskryf het.

Let eerstens daarop dat in Christus se tyd reeds van die Ou Testament gepraat is as “die Wet en die Profete”, of “Moses en die Profete.”

Let eers op Moses

Hy het die eerste vyf boeke van die Bybel geskryf – die meeste van alle mense. Dit was die eerste deel van God se Woord. Hy het die Beloftevolk, Israel,na die beloofde land gelei en groot wonders gedoen.
Die belangrikste as egter dat Hy verkies was om God se Wet aan die wêreld te gee. Die hele openbaring van God se wil verder is daarop gebou.

Elia

Al is daar geen boek van die Bybel deur hom geskryf nie, was hy die eerste van die groot profete.
Elia het die volk weer teruggelei na die Wet. Soos Moses, het sy pad ook by Sinai langs geloop, waar hy krag ontvang het om sy aardse werk te voltooi.

Beide se lewenseinde was uitsonderlik: Moses is deur God Self begrawe, en Elia is lewendig opgeneem in die hemel.

Kortom: Moses en Elia het die eer ontvang om Christus daar op die berg te ontmoet, want hulle het die gelowiges van die Ou Testament verteenwoordig – die mense van die ou tye, wat VOORUIT moes glo en hoop op die Verlosser se werk.


-2-

Vir die reg verstaan van die gebeure op daardie berg, moet ons ook kyk na die

2. Tyd en gebeure

Eerstens, was Christus hier al byna aan die einde en hoogtepunt van sy werk waarvoor Hy na die wêreld gekom het. Hy was op pad na Jerusalem, waar Hy vir ons sondes moes ly en sterf.
Nou het die verskrikking van die helse smarte voor die deur gelê.

Jesus begin hierdie laaste reis met afsondering en gebed.
Wat hier plaasgevind het, was profeties:

Saam met Moses en Elia was daar nog drie dissipels van Christus ook.
Hulle het daar die gelowiges van die Nuwe Testamentiese tyd ver-teenwoordig.

Saam met Jesus was daar dus almal mense wat in hulle swakheid tog persone was wat God se wil en Wet verkondig het – hoewel die laaste drie se moeisame pad van vervolging nog voorgelê het.

Petrus, die sterke, kragtige leiersfiguur.
Johannes, wat die besondere openbaringe van die eindtyd vir ons
Sou ontvang.
Jakobus, die yweraar, een van die eerste martelare vir die Evangelie van Christus.

Hier word ons Here na Sy mensheid gesterk vir daardie laaste reis.

Van die gesprek met Moses en Elia word net genoem dat dit gegaan het oor Sy uitgang – Sy dood – wat nou sou volg. Hierdie dood sou die bevestiging wees van die Wet en die Profete. Dit was die ver-vulling van alles wat oor Hom in die Ou Testament gepofeteer is.


3.Christus se verhewenheid

Hoewel Moses en Elia in `n sekere sin “bemiddelaars” genoeg kan word, kon hulle nie die Middelaar wees nie.

= Hulle was self mense met sondes en gebreke.
= Toe Moses die Wet ontvang het, het sy gesig ook geblink, maar dit was afgeleide heerlikheid. Dit was God se teenwoordigheid wat hy as’t ware “weerkaats” het.
By Christus was dit Sy eie Goddelike heerlikheid waarvan iets vir `n oomblik nie verberg was nie. So sien Johannes Hom op die eiland Patmos in sy volle glorie.
= Soos Moses kon Elia nie sonder God se hand sy werk volhou nie, maar Jesus het uit Sy eie krag `n pad geloop wat geen gewone mens
kan nie.

Saam met ander Ou Testamentiese geloofshelde kon slegs in `n mate sy werk afskadu, tipes wees en profeties van Sy werk wees.

-3-

Christus doen die bo-menslike deur die volle toorn van God oor ons sondes te dra.
Hulle moes in die woestyn deur God gedra word,terwyl Christus daar die versoekings van Satan deur Sy eie sondeloosheid weer-staan het.

Hy, wat so in heerlikheid op die berg deur die dissipels gesien is, was Moses en Elia se meerdere.


Hierdie gebeurtenis dien ook tot versterking van ons geloof,
= wanneer ons lees van sy ontsettende vernedering, lyding en
dood, en
= wanneer ons die Man van smarte so geteken sien, moet ons ons
herinner aan hierdie heerlikheid wat op die berg deurgebreek
het. Dit is vir ons die versekering van die werklikheid van sy
oorwinning.

Jesus Christus is tegelyk ook God, ewig en heerlik !
Daarom kon Sy vernedering ons verhoging bewerk en Sy verlatenheid, dat ons nooit deur God verlaat sal word nie. Hy alleen kon uitroep “Dit is volbring”, want Hy alleen kon aan God se reg voldoen.

Dit is Hy wat die Wet van God volkome kon hou, en ons daarom onderrig daarin. Deur Hom kan ons ook nou liefde vir die Wet ken, en dit naleef in dankbaarheid.

AMEN

- - - 0 - - -

No comments: