OPSOMMENDE WEERGAWE VAN BESWARE TEEN NUWE OMDIGTING (NO) VAN DIE PSALMS, WAT GOEDGEKEUR IS DEUR DIE SINODE VAN DIE GKSA IN 2003
LW: Hier word maar oorsigtelik gepraat oor die beginsels. Daar is monumentale
werke geskryf, wat in diepte ingaan in die studie van wat ons in godsdiens en
erediens moet/mag sing, asook oor die vereistes waaraan berymings van die
Psalms moet voldoen (volgens Skrifbeginsels).
I. BEGINSELS VIR BYBELVERTALING, -VERKLARING EN PSALMBERYMING
1.Alleen die Skrif, en die hele Skrif.
Lees o.a. Deut 4:2; 12:32; Openb 22:18,19.
Ons bely dit ook in art 7 NGB.
2.Die Heilige Skrif verklaar homself. Lees veral 2 Petr 1:19-21.
3.Vir die instandhouding van die Kerk mag ons nie afwyk van wat Christus
vir ons ingestel het nie. Waarheid en onwaarheid kan nie langs mekaar
bestaan in die Kerk nie.
Eiesinnige godsdiens is sonde: 2e Gebod ( Ex 20:4-6 ); Kol 2:20-23;
Mat 15:9/Mark 7:7 - Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer
wat gebooie van mense is.
NAV (Nuwe Afrikaanse Vertaling-1983) voeg woorde by wat nie in die grond-
teks is nie: Dit help niks dat hulle My probeer dien deur leerstellinge van
mense as gebooie van God voor te hou nie.
Daarby haal Christus ook die ander woorde van Jesaja hierby aan (v 6):
Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle harte is ver van My af.
Hierteen moet die Kerke altyd bedag wees.
Let ook op al die waarskuwings hierteen in die Openb aan Johannes:
Openb 2:2, 13-15, 20, 24; 3:4, 9-10, 18; 14:12; en in besonder word in
18:4b gewaarsku wat ons houding moet wees, wanneer die verleiding kom -
Gaan uit haar uit, my volk. Die HERE verbied ons om sommer met enige
stroom of modegier saamgesleur te word.
( Is dit nie `n modegier van deesdae nie, om alles te wil vernuwe ter wille
van vernuwe, onder die voorwendsel dat ons “mense verloor” ? )
Israel se eiesinnigheid in hulle godsdiens het die volgende woorde van God gewek (Amos 5:23) - Verwyder van My die geraas van jou liedere ! En na die geluid van jou harpe wil Ek nie luister nie.
Eiesinnigheid verwek dus God se toorn, Amos 8:10 - En Ek verander julle feeste in rou en al julle liedere in klaagsang . . .
4.God seën gehoorsame godsdiens: Jes 8:11-15; Ps 2:11-12.
Gehoorsaamheid is ook om te waak daarteen dat mense die gesonde leer
nie meer verdra nie - 2 Tim 4:3.
Ons moet besef dat godvresende mense ook kan sondig en dwaal - Kol
2:20-23, waar gepraat word van `n “skyn van wysheid”.
=2=
Ons mag nie struikeling veroorsaak nie, Mat 18:6 - “En elkeen wat een
van sulke kindertjies wat in My glo, laat struikel . . .”
2 Petr 2:1 waarsku teen invoer van ketterye, en in Hand 20 staan Paulus
se waarskuwing dat daar wrede wolwe onder die kudde
van Die HERE sal inkom.
Skrifinspirasie
Ons mag nie in die strik trap van die Skrifkritiek nie (sien hieroor weer pt 7) en Nuwe “Hervorming”, wat laster, as hulle sê dat Christus en die Apostels maar hulle eie betekenis gegee het aan Ou Tesramentiese profesieë.
Die Here Jesus Christus getuig Self dat die OT in sy geheel op Hom gewys het.
Die Bybel is NIE blote mensewerk nie !
1 Petr 1:10-11 - “Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors,
en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus
wat in hulle was , gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna.”
2 Petr 1:19-21 - “En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag ggee soos op `n lamp wat in `n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte;
terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif `n saak van eie uitlegging is nie;
want geen profesie is ooit deur die wil van `n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.”
5.Die Belydenisskrifte moet in ag geneem word, ook Kerkorde-beginsels, wat gebou is op die Skrif, asook vorige besluite van sinodes MOET in ag geneem word. Vorige besluite kan nie sommer lukraak verander word nie. Daar is kerklike weë daarvoor, bv beswaarskrifte.
6.Om die Heilige Skrif op enige manier opsy te stel, is ware independetisme: om independent van Christus, wat Self die Woord is, mensebesluite voorop te stel.
Daar mag nie bygevoeg of weggelaat word nie
Openb 22:18-19 - “Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor:
As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.
En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe . . . “
Christus vermaan ook dat geen jota of titeltjie verander of wegggeneem mag word uit die Woord nie.
=3=
Magspel, afdwing van onskriftuurlike besluite of die stel van “tegniese punte” voor die waarheid mag nie plaasvind nie ( 2 Kon 18:17-18.)
Ook die Skrifbelydenis en -hantering bly vas. “Digterlike vryheid” geld nie by beryming nie.
7.Skrifkritiek
Skrifkritiek (-verdraaiing) het in die tuin van Eden begin !
Satan, die vader daarvan (en dus van die leuen) het dit gebruik om Eva te oortuig. By sy versoeking van Christus gebruik die aarts-boosaard dit steeds, en vandag is hy besig om dit tot `n hoogtepunt te voer.
Die halwe waarheid bly sy gevaarlikste wapen, want dit klink darem steeds nes die waarheid, net so `n bietjie anders.
Daar is nie `n einde aan die verskeidenheid openbaringswyses waarop die skrifkritiek tot uiting kom nie: in bv die bevrydingsteologie, die feministies-, sosiaal-vernuwings-, fundamentalistiese-, volksteologie en ander.
Ook lê dit verskuil in baie dwalings deur die eeue.
Die Bybel is nie vir so iemand gesagvol nie. Hulle voeg by, en laat weg.
Baiemaal is die skrifkritiek meer verskuil, verbloem, subtiel. Mense bely nog, maar Totius het ook uitgewys dat mense een ding bely, maar anders doen.
Daarom is gelowige waaksaamheid nodig in Bybelvertaling, gebruik van sakramente, kerkregering en beryming.
Hoeveel gevare lê nie nog en wag vir die GKSA oor vele sake, waarin ander kerkverbande hier en oorsee al gefouteer het nie.
II. VEREISTES VIR BERYMING/VERTALING VIR SANG
1.Dit is om in die eie taal ( selfs in vs-vorm ! ) die Hebreeuse Psalm te vertolk. Getrou aan die ware inhoud daarvan.
Die werklike betekenis van die Psalm moet in sy geheel gegee word.
As van die werklike betekenis afgewyk word, slaag die beryming of “omdigting” nie.
Mense bly gebonde aan die eksegetiese inhoud.
Totius
Totius was `n uitnemende kenner van Hebreeus, en `n meester in al die teologiese vakke.
In sy vertaalwerk het hy ook die Psalms woord vir woord deurgewerk, verseker talle male.
2.Die lig van die NT mag nie verontagsaam word nie – DIE HELE OT IS CHRISTO-SENTRIES ! Dit is `n belydenis wat ons GEREFORMEERD maak, of laat faal as Kerk van die Reformasie.
=4=
3.”Omdigting”, ipv BERYMING: eg. is om van een gedig `n ander, nuwe, gedig te maak. Dit laat `n ruimte vir anderse denke, waarteen vorige sinodes voortdurend gewaarsku het.
4.By die maak van `n beryming word `n verskriklike groot verantwoordelikheid
op die berymer geplaas, en die wat dit goedkeur en gebruik. Daar mag nie vergeet word nie dat die SING van iets dit baie diep in die geheue ingriffel.
III.BEDENKINGE, OP GROND WAARVAN CLOETE E.A. SE “OMDIGTINGS”
DUS NIE SLAAG AS LIEDERE VIR GEREFORMEERDE KERKE NIE
1.Hebreeus
Cloete het self erken dat hy slegs Hebr I het, en `n soort van werkende kennis van Hebr II.
Hy, en ander, was afhanklik van andere se kommentaar oor die Psalms.
(Sien hierteenoor wat oral in die stuk gesê word oor Totius as persoon wat die Psalms deur en deur in die Hebreeus geken het, en as MEESTER van al die teologiese vakke die ware betekenis van elke Psalm beter sou ken as al die kenners van vandag, wat elkeen merendeels slegs beperkte teologiese terreine verken.)
`n Beskrywingspunt is deur die sinode afgewys, dat die Kerke insae kry in die “kommentaar” wat aan die “Omdigters” verskaf is.
In die huidige stryd word uitgewys dat die sinode VERKEERD was - die kommentaar was eensydig NAV. Dus is die besware teen die NAV totaal deur die sinode genegeer . . . .
Die Nas Sinode het tevore `n beskrywingspunt afgewys, dat die belydenissekrifte verander word om aan te pas by die NAV.
Die rede ?
Dan sou ons belydenisskrifte in wese moes verander !
Tog word hierdie selfde NAV kritiekloos aanvaar as basis vir die Cloete-omdigtings.
2.Die deputate van die sinode het beoordelaars geword van hulle eie werk.
3.Die deputate verdedig telkens dat “Totius het ook . . .”
Selfs waar erken kan word dat hulle reg is oor Totius, maak dit nie Cloete se fout reg nie - Hul moet die kommentaar teen hierdie werk beantwoord.
Wat hul as foute in Totius se berymings ervaar, is `n ander saak – laat hul dan maar daarteen beswaarskrifte indien. Dit kan reggestel word.
4.Die “naas-mekaar-besluit” van die sinode oor die 1936-Psalms en 2003, is `n kompromis-besluit, wat geen antwoord bied nie. Dit skep alweer dieselfde verdeeldheid in die kerkverband as die besluit oor die NAV.
=5=
5.`n Ander beswaar is die deputate se pad van verswyging.
* Die sinode keur dit af dat insae verkry word in die kommentaar wat aan
die “omdigters” verskaf word.
Die sinode sê dat die “aannames” in die beskrywingspunt van Part Sin N-Tvl
nie dieselfde is as wat die sinode sou “verneem” nie. Kritiekloos - in
hierdie belangrike saak is NIE GETOETS nie.
So neem die Sin. die reg en plig van die SELFSTANDIGE kerke weg, om te beoordeel oor wat vir die volgende geslag gegee word as kerksang. Weereens: op tegniese punte word belangrike sake gekelder en uitgegooi. Die sinode skerm waarskynlik dat die deputate van die verskillende Kerke nie dink ons wantrou hulle nie. (Waarom wys die Kerkverband bv kuratore aan ?)
Gesonde waaksaamheid, wat in die verlede regte vrugte afgewerp het !
Die sinode stel dat dit "onuitvoerbaar" is.
MAAK dit dan uitvoerbaar !
Sinodokrasie/kollegialisme, wat op ander gebiede ook al kop uitgesteek het, bv die kerkverband wat die jeugsorg uit gemeentes se hande neem.
Ondervinding met NAV gee ons vir seker 'n saak in hierdie wantroue . . . en NO (“Nuwe Omdigting”) bewys dat ons reg was om die werk te wantrou !
6.Die deputate tree op soos `n "deputaatSKAP", ipv mense wat hul binne `n bepaalde opdrag moet hou. Voorbeeld - die aanvra van kommentaar uit kerk-verband, en die beoordeling daarvan.
7.Dit was prejudisering van sinode-besluite om deur kommentaar self aan te vra en te beoordeel, die saak voor die sinode al te versterk in die rigting wat die deputate voel is reg.
Die aanbeveling aan die sinode is ( by voorbaat - sonder dat dit deel van die opdrag per se is ) dat die "omdigtings" saam met die 1937-berymings gepubliseer word vir gebruik – voordat die sinode nog hieroor geoordeel het.
Waterberg kerkraad lees dit so dat hulle sien dat "die deputate van voornemens is om, nadat die sinode dit goedgekeur het, . . . in een bundel." BAIE SEKER –
BAIE PREJUDISEREND.
Bewoording moes wees: "indien goed bevind" . . . sien artikel, JP Bingle, Kerkblad, 21/11/2001 – volgens hom was dit nie eers meer die sinode se taak om te beoordeel nie
8.Dit is juis die omdigtings se onregsinnigheid en botsing met die belydenis-skrifte (sien einde van pt 1 hierbo en beswaarskrifte by sinode 2006), wat maak dat dit ook bots met die inhoud van die 1933/53-Bybel en die 1937-berymings.
9.Vae verwysings na "nuwe teologiese navorsing" word nooit verder op uitgbrei nie: WATTER navorsing ? Wat WAT bevind ? Vanuit WATTER gesigspunt ? Dat die Ou Testament nie profeties van Christus is nie,
en dat dit nie deur die Heilige Gees ingegee is nie, ens. ?
By watter sinode is hierdie nuwe navorsing se bevindings as dogma in die GKSA aanvaar ?
=6=
10.Die geweldig baie weglatings kan nie per ongeluk wees nie. Hulle praat van sogenaamde "eerbied vir die teks" (Dr Piet Bingle) – die goedpraat van iets waarin soveel van die Skrif weggelaat is, spreek van als behalwe hierdie "eerbied".
11.Name van God word willekeurig gebruik, bygevoeg en weggelaat : Dit is teen sinode-besluite 1991:114-2; 1994: 122 & 123 ook.
12.Die verhewenheid van ons Godsdiens word verloor, twv sogenaamde verstaanbaarheid – dit wat ons in ons godsdiens moet verhef bo die alledaagse lewe, word verlaag.
As ons dan regtig moet daal tot die taalgebruik van die "man-op-straat" … !
Tereg se JP Coetzee dat ons nie EENVOUD MET PLATHEID MOET verwar nie.
Die "gespierde poësie" waarvan iemand praat oor Cloete se omdigtings, nie sigbaar nie. Die poging om rymwoorde te vind, bring oral lomphede, wat nie Afrikaans, goeie poësie of Skrifgetroue weergawe is nie.
13.Interessant dat Cloete Totius se werk nou afmaak, asof Totius maar net die nederlandse psalms verafrikaans het. (Iemand beweer dat Cloete die bewering darem publiek teruggetrek het.)
Vroeër het Cloete gesê: dat ons literatuur ooit iemand kon voortbring wat so `n kombinasie van talente het as Totius, is klaar `n unieke verskynsel. So iets kan blykbaar alleen EEN KEER IN BAIE EEUE in ` n bepaalde taalgemeenskap voorkom. Dit is dus `n werksaamheid wat nie maklik herhaalbaar is nie.
Totius het nie verander twv verander nie. Waar hy na-aan die Nederlands kon bly, het hy soveel moontlik van die OU GOUD behou, ter wille van die lidmate.
Daarteenoor het die “eerbied vir die teks” vandag verdwyn. Daarom dat Cloete weggedeins het daarvan om Totius van plagiaat te beskuldig nie.
Min mense het blykbaar die moeite gedoen om bietjie die Nederlands en Totius langs mekaar te plaas - ook nie die koerante se beriggewers nie.
Daarom het `n groot Nederlandse teoloog en kunskenner tereg oor Totius se werk gesê dat dit besonder bewonderingswaardig is hoe hierdie groot digter sy nederigheid en kerklike besef getoon het, en van sy van sy meesterskap.
[Laaste gedagtes uit Prof PW Buys se artikel in Kerkblad van 3/12/1997: "Ons Psboek – 60 jaar oud."]
Totius: Die mense dink dat om Psalms te berym `n saak van digkuns is. Allereers is dit `n saak van wetenskap.
Om dus Cloete e.a. se digterlikheid te besing, kom nie by die eerste beginsel
van beryming nie: EKSEGESE. Die digterlikheid daarna !
Martinus Nijhof (Nedl digter): “Ik kan het niet. Ik kan het beslis niet. Het is geen werk voor dichters.” [ ! ! ! ! ]
=7=
(Dieselfde beginsel om te BEHOU het Totius en die ander ou vertalers toegepas met die 1e Afr Bybel – ou goud behou.
Moenie alles wat dierbaar en goed is wegneem nie - teenoor NAV, wat, net soos Cloete, die geloofsmat onder die Kerke & lidmate se voete uitgepluk het.)
IV. GEVOLGTREKKINGS
Ogv H Hasper se monumentale studie oor Calvyn se beginsels vir die sang in die erediens, die volgende beoordeling van die "omdigtings":
Volledig vanuit die Hebreeuse teks.
Die Nuwe Omdigtings (NO) is gebaseer op kommentaar van teoloeë ontvang. Cloete het self te kenne gegee dat hy Hebr I het, en 'n "kennis" van Hebr II. Self erken hy in die pers dat hy die NAV gebruik het. Van die mede-omdigters hoor mens nie eers van 'n sweem van kennis van Hebr nie.
Die NO het geweldige groot dele van die Hebr teks uitgelaat, asook die volgorde van gedagtes baiemaal omgekeer.
Ons het besliste leerstellige probleme met die NO.
( pt 1,5 hieronder, pt 7-10)
NO slaag nie hierdie kriterium nie.
Die kunseffek van die Bybelse beelde en segswyses moet behou word.
( Sien vroeër: hieroor, waar gepraat word oor verander twv verandering = en platheid ipv eenvoud.)
Die versagting van die toorn en straf, ens., van God, hou beslis nie by die oorspronklike segswyses nie. Vgl Waterberg e.a. se kommentaar oor die "vloekpsalms".(Vgl Mat 25:41; 1 Kor 16:22.) Vgl JP Coetzee art oor Ps 136: " 'n Kreatiewe evolusieleer."
Oor ander weglatings: sien artikels in Kerkblad en elders.
NO slaag nie.
Melodieë waardig vir erediens
Sien my eie kommentaar oor `n aantal vn die omdigtings. (Apart bygevoeg: beoordeling vir Klassis van `n deel van Cloete se werk.
NO slaag veelal nie.
Oor die "omdigters" se filosofie – om nie te praat van geloof nie –
sien ook Waterberg se kommentaar, asook skrywes in Kerkblad oor Lina Spies, wat glo jare reeds nie in die kerk kom nie, en nie in die opstanding glo nie.
Geweldig baie weggelaat, wat in die Hebreeus voorkom.
Waar Bingle voorheen in die Kerkblad verseker het dat alles uit die Hebr berym moet word en vrye digwerk nie aanvaarbaar is nie, asook dat interpretasie en vertolking vermy moet word: WEERSPREEK sy en sy deputate se bevinding dit nou, en sluit in hulle verdediging van NO eerder aan by mev Van Helden , wat in die Kerkblad (as NIE-
=8=
teoloog) stel dat alles van 'n Psalm NIE HOEF opgeneem te word nie . . . deur "versigtige woordkeuse" kan minder woorde glo nog sê wat die Psalmdigter gesê het !
Bingle weerspreek homself ook 21/11/01 – dat dit genoegsaam is dat die gemeente "sigbaar en voelbaar" moet weet hulle sing uit die Psalms – maar hy stel in dieselfde asem weer "so na as moontlik aan die oorspronklike".
Hulle erken dus dat uit kommentare en NAV "omgedig" is.
Hieruit die volgende bevindings:-
1.Christosentries: ogv hierdie saak dadelik: Cloete e.a. se pogings is NIE die Bybelse Psalms nie !
Jo 5:39-40, 46-47; Lu 24:44; 2 Pe 1:19-21.
2.Weglatings:
bv Ps 2:7; 22:2,8,17,23,24; 31:6; 110:1
Cloete erken dit self . . . "nuwe teologiese navorsing" . . . ons hoef dit nie eers te bewys nie.
2.Bybelse volgorde van gedagtes baie opsy geskuif –
nie maar net hier of daar nie !
3.Cloete gebruik dikwels ook maar "argaismes" –
voorbeelde in my kommentaar hierby. (Wat by 1937-beryming moes verdwyn, is woorde soos sponde, stonde, geknot, rosse.)
Kom ons hoor hoe Totius antwoord: Hy haal Nicolaas Beets aan ...
Met begrijpen zal het niet gaan
Grijp het onbegrepen aan.
4.Cloete e.a. het nie die bestaande kwaliteit behou of verbeter nie.
5.Mens sou noodsaaklike veranderings kon verstaan, maar daar is verander twv verandering.
WEGLATINGS is die ergste deel van hierdie oortreding teen die Skrif –
`n duidelike negering van wat ons (Skriftuurlik) bely in Art 7 NGB.
6.Baie kerkrade se "toets" was bloot om gemeentes Cloete te laat sing, ipv die noodsaaklike eksegetiese e.a. toetsing te doen.
7. As 19-jarige het Totius al gewaarsku teen die gevaar van sekularisasie van die kerkmusiek.
Vandag buig weer kerke en teoloeë voor die invloed van die tyd, en hulle sê weer dat die Kerk van Die HERE moet aanpas by die tyd !
7.1
Totius se woorde oor vrysinnige preke kan op die NO ook toegepas word:
" ... menigeen wat in sy dogmatiek die vrye wil uitban en in sy homiletiek dit weer invoer ..." (Vervang in hierdie geval net "homiletiek" met "liturgie".)
=9=
Totius sê hy sal graag wil weet watter konsekwensies daarin lê – ons hoef nie eers te vra nie.
Totius stel dat die gemeente van God met niks anders as die kennis van die wil van God gevoed moet word nie, en dat hierdie beginsel eers tot sy reg kom as alle eiewillige godsdiens uitgeban is.
As predikante nie meer buig voor die wil van God nie – wat leer hulle die gemeente ?
8. Uit III.8 –
Dit is juis `n Skrifbeskouing wat van ons gereformeerde Belydenisskrifte verskil, wat laat vra het na `n nuwe beryming .... die beskouing wat ten grondslag lê aan NAV !
Belangrike terme wat in die Skrif wys op die Verbond van God is weggelaat, bv "geregtigheid, goedertierenheid, barmhartigheid, regverdige".
Bv. Ps 25 :10,14; 55:21; 74:20; 78:10
Remonstrantisme vind in hierdie "omdigting" weer 'n deur in Geref Kerke in, om net een voorbeeld te noem: Cloete se Ps 116:1, r.1
9. Versagting/weglaat van vloekpsalms:
bv Ps 139:10,11,20. Lees hierby o.a. Eksodus 15:2-7, Mat 5: 41, Hand 5:1 ev, 13:10 ev. Op 6:10.
10. Weglating en verkeerde gebruik van Godsname:
bv Pss 5,6,8,9,11,16.
11.Weglating van die Wet:
Pss 1; 19:8; 40:9; 78:10; 89:31
- - - o - - -
ONS BEROEP OP KERKRADE/PREDIKANTE/MEERDERE VERGADERINGS: MOENIE DAT JULLE DIE OORSAAK WORD DAT DIE GESKIEDENIS HOMSELF HERHAAL NIE !
Kandelaar: "Wanneer `n kerkraad `n besluit uitvoer wat in stryd is met die woorde van Christus, sny hulle daarmee daardie Kerk van Christus se liefde af, ontneem hulle die gemeente van ware dissipelskap, en beroof hulle die gemeente van Christus, omdat hulle hulself van Christus amputeer.”
Ons troos aan die behoudendes: Net soos byna 150 jaar gelede gebeur het, toe ons Geref voorouers minag, gehaat, bespot en benadeel is:
VERITAS VINCET ( Die waarheid seëvier ) !
- - - o O o - - -
Wednesday, December 5, 2007
Friday, November 30, 2007
TOT IN DIE DUISENDSTE GESLAG
15.TOT IN DIE DUISENDSTE GESLAG
LEES: Genesis 22:1-18
TEKS: vs 2, 12
SING: Ps 9:7,10; Ps 107:20; Ps 87:4,5; Ps 128:2,3
------------
Geloofskrag en gehoorsaamheid kom van DIE HERE, en dit word ook weer deur Hom geseën.
Dit sluit egter nie uit dat daar tog baie swaar dinge kan gebeur, wat die gelowige moet dra nie. Maar die seëninge van God staan bo alle dinge. Hy belowe dit so in die Tweede Gebod: Hy gee barmhartigheid aan duisende van die wat Hom liefhet en Sy Gebooie onderhou.
Die geskiedenis van Abraham dien al duisende jare vir gelowiges tot troos en versterking, en so ook hierdie gebeurtenis in hfst 22.
Selfs hierdie skynbaar verskriklike opdrag aan hom lei tot `n heerlike profesie.
DIE BEPROEWING VAN ABRAHAM
Al was daar deur die eeue voor Abraham gelowiges soos Henog en Noag, is hy die een wat die vader van die gelowiges genoem word. Hy is die eerste van wie ons hoor dat hy God se Woord geglo het, en DIT IS HOM TOT REGVERDIGHEID GEREKEN.
Paulus noem Abraham stel die brief aan die Romeine dat nie sy vleeslike afstammelnge nie, maar GEESTELIKE nageslag sy kinders is: alle gelowiges.
In gehoorsaamheid het hy Isak besny soos God hom beveel het. By sy geloof kom ook die geloofsantwoord. GEHOORSAAMHEID.
Hy bely met die besnydenis dat Isak God se kind is. Hy bring sy kind voor God om die Verbondsteken te ontvang. Hy bely daarmee sy geloof in die beloftes van die Verbond.
Hy het die beloftes geglo, dat hy `n nageslag sal kry wat die land Kanaan sal erf. Hy het geglo, al was hy en Sara al ver verby die ouderdom waarop hulle kinders kon kry …
… en hulle het Isak ontvang as die eerste vervulling van die Verbond !
Maar nou was dit al jare later – Isak is groot genoeg om die hout vir die offer te dra.
Abraham se liefde vir die kind en sy hoop op die toekoms moes sy lewe gevul het, en nou kom die skokkende opdrag: gaan offer jou kind aan My !
“Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet …”
GEE OM TOTAAL AAN MY.
Meer word nou vereis, as om die kind te bring vir die besnydenis.
Oor wat Abraham moes voel en beleef word baie verbeelding-stories geweef - soms net om preke interessant te maak, of om die opdrag in sy volle vreeslikheid te teken.
2.
As dit die belangrikste was, sou dit hier geskryf gestaan het, of ons sou net so `n gevoelvolle klaagpsalm gekry het as wat Dawid so dikwels gedig het.
In die Skrif word daar wel vertel wat Abraham in sy hart beleef het.
Dit is EEUE LATER beskryf. In Hebr 11:17-19,
“DEUR DIE GELOOF het Abraham, toe hy op die proef gestel is, Isak geoffer; ja, hy wat die beloftes ontvang het, het sy eniggeborene geoffer,
(Abraham) aan wie gesê is: In Isak sal jou nageslag genoem word – WANT HY HET GEREKEN DAT GOD MAG HET OM SELFS UIT DIE DODE OP TE WEK;
daaruit (uit die dood) het hy hom (Isak) ook, om so te spreek, terug ontvang.”
Dit wil egter nie sê dat Abraham speelsgewyse deur die beproewing gegaan het nie.
Maar in die krag van die geloof offer hy werklik, in sy hart, vir Isak. Weereens plaas hy sy kind in God se hande in die geloof.
As God uit sy en Sara se verstorwe liggame op `n late ouderdom Isak laat gebore word, glo hy vas dat DIE HERE Isak weer aan hom kan gee.
Daarom kon Abraham uit die mond van die Engel van DIE HERE, van God die Seun Self, die seënende woorde hoor wat ons in verse 17 en 18 lees.
`N HEERLIKE PROFESIE
DIE HERE gee dan Self die ram wat Abraham in die plek van Isak offer.
Die ram is deel van die profetiese van hierdie hele gebeurtenis.
Abraham kon deel van die profesie wees, deurdat hy sy eniggebore seun, wat hy liefgehad het, geoffer het.
God die Seun, wat hier met Abraham gepraat het, het Homself verneder deur mensevlees aan te neem. God het Sy Eniggebore Seun, in Wie Hy `n welbehae het, nie teruggehou nie. In goddelike liefde het Christus ons Paaslam geword, wat vir ons geslag is.
Op Golgotha het Hy met Sy offer van Homself ons skuld betaal.
Ons weet dat Abraham se uitroep ook profeties was, en vervul is: “DIE HERE VOORSIEN !”
DEUR DIE GELOOF het alle gelowiges, kinders van Abraham, deel aan die salwing van Christus. In Hom word ons weer gebore, deur die werking van God die Heilige Gees.
3.
Die wonder vind steeds plaas: by ontelbare uitverkorenes word daar LEWE IN DOOIE HARTE GEWEK.
DIE HERE het sy verdere beloftes aan Abraham ook vervul. `n Groot nasie is uit hom gebore. Hulle het die beloofde land ontvang. Maar die BELANGRIKSTE was dat die beloofde Verlosser uit Abraham se nageslag gebore is.
In Hom het Abraham tot `n seën vir al die nasies geword.
Vir die Nuwe Testamentiese gelowiges is die beloftes steeds vas: barmhartigheid vir die wat God lief het en Sy Gebooie onderhou.
Die Verbond gaan steeds van geslag tot geslag vir hulle.
Ons het nou die nuwe, bloedlose teken van die Verbond: die Heilige Doop – want die bloed van ons Paaslam IS vir ons gestort. Daar hoef nie meer bloedige, simboliese offers te wees wat moet heenwys na Hom nie.
Daarom kan die Christen-ouers met soveel vertroue, net soos Abraham, hulle kinders na God bring en voor Hom stel.
Hulle kan net so vas soos Abraham glo dat God hulle kind kan vashou in Sy genade. Hulle kan ook vertrou dat Hy hulle sal dra, wanneer hulle beloftes maak oor die kind se opvoeding in die geloof.
Em telkens, wanneer die Doop in ons midde bedien word, moet ons elkeen daaraan herinner word dat ons self draers is van hierdie teken ….
Ons BEHOORT !
Ons is skape van die Goeie Herder !
Ons moet daarom luister na Sy stem en Hom volg.
Ons moet bely dat God voorsien.
Hy het Sy eniggebore Seun voorsien, soos Hy daardie ram aan Abraham voorsien het in die plek van sy seun Isak.
Wees bly, wanneer ons die koms van nuwe geslagte kinders van die Verbond belewe:
= Christus bewaar en vermeerder Sy Kerk
= die getal an uitverkorenes is besig om vol te raak, met die
oog op Sy wederkoms
Soos Abraham moet ons die geloof behou, selfs as die beproewing van ons geloof groot is:
GOD VOORSIEN !
Amen.
- - - 0 - - -

Tuesday, November 13, 2007
14.ONS MOET KAN BELY
LEES: 1 Tim 4:1-16
TEKS: vs 6-8
SING: Ps 138:1,2; Ps 116:1-4; Ps 25:1,2
Massabyeenkomste word weer mode. Opswepende musiek en toesprake, `n geskreeu oor mikrofone, is sogenaamd “eredienste.
Hier sê elkeen wat by hom opkom, en dan is dit volgens hulle “die Heilige Gees wat spreek”.
Vra enigeen by so `n byeenkoms wat hy glo, en ontvang vae antwoorde. Miskien sal vaagweg na Jesus Christus verwys word. Oor Sy geboorte, lyding en vernedering, kruisiging, opstanding en hemelvaart is daar gewoonlik geen kennis nie.
DAAR IS NIE `N BELYDENIS NIE !
Al word daar neerhalend oor ons belydnisskrifte gepraat, is daar GEEN KENNIS van die inhou daarvan nie.
Dit is nie bloot mensewerk nie. Die belydenisskrifte deurstaan al eeue lank die toetsing van die waarheid daarvan.
TOETSING AAN DIE WOORD VAN GOD SELF !
Om te bely, beteken “na-sê” of “dieselfde sê.
Om dus te bely wat in die Woord deur God openbaar is, is om by die WARE TROOS te kom dat God deur Christus verlossing vir sy uitverkorenes bewerk het:
Ons behoort aan Christus, Hy is ons Saligmaker, Hy het ons gered van die ewige straf, verlos van die Bose, vergewe ons sondes en gee ons ewige lewe !
DIE LEER VAN DIE KERK IS DIE BELYDENIS VAN WAT IN DIE SKRIF STAAN.
Mense moet getoets kan word aan wat hulle leer/bely.
2 Joh 1:10 stel dat “As iemand na julle kom en HIERDIE LEER NIE BRING NIE, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie”
In vs 9: “WIE IN DIE LEER VAN CHRISTUS BLY, HY HET DIE VADER SOWEL AS DIE SEUN.”
Dit is dus TEEN GOD SE WOORD om nie te kan of wil bely wat jy glo nie.
Dan sal godsdienstige byeenkomste ontaard om net op sielkundige opsweping gerig te wees. Daar kan nie suiwere Woordverkondiging wees nie.
Wat skryf Paulus aan Timotheus oor die leer/belydenis ?
Waaroor gaan dit, en waartoe lei dit ?
DIT LEI TOT BELYDENIS VAN SONDESKULD
Suiwere Woordverkondiging sal voortdurend ons as swakke mense te staan bring voor kennis van ons ellende.
Uit ons self is daar nie saligheid nie, en God die Seun om met Sy gehoorsaamheid God se wil vir ons te volbring.
2.
Saam met Psalm 32 se digter kan ons die troos bely dat God die Heilige Gees ons daartoe lei om ons sondes aan God bekend te maak (vs 5):”Ek wil aan DIE HERE my oortredinge bely”. Dan kan ons saam met Dawid sing: “en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe.”
ONS MOET DIE NAAM VAN DIE HERE BELY
Christus gee hieroor aan ons `n heerlike troos:
As ons Sy Naam voor die mense bely, sal Hy ons ook voor Sy Vader bely.
ONS MOET DANKBAARHEID OOR VERLOSSING BELY
Dit beteken eerstens dat ons God se wil verkondig, sy Wet, en tweedens dat ons opregte lewens ook `n getuienis van ons dankbaarheid.
BELYDENIS IS OPREGTE ERKENNING VAN GOD … `N REGSINNIGE VERKONDIGING.
Dan kom ons by die eerste vrug van suiwere LEER:-
1.GOD BESTRY DWALINGE DAARDEUR.
Christus het Self gewaarsku dat dwaalleer sal kom. Paulus en die ander Apostels skryf gedurig daaroor, soos hier in 1 Tim 4. Mense sal verlei deur valse leersellings, en selfs duiwels aanhang.
Paulus stel dat hulle nie net valse ding leer nie, maar huigel in hulle lewens. Hulle steek hulle sondes weg onder `n dekmantel van godsdienstigheid.
Christus het die Fariseers se lewens as so `n valsheid voorgehou. Hulle het dinge gedoen om deur die mense gesien te word.
2.SKRIFGETROUE BELYDENIS BEWAAR DIE SUIWERE LEER VIR DIE NAGESLAG
Timotheus word byvoorbeeld deur Paulus herinner van die ware geloof en leer soos hy dit deur sy ma en ouma ontvang het: BLY by wat jy geleer het.
Die Verbond van God gaan van geslag na geslag !
3.DIE BELYDENIS STERK GELOWIGES IN HULLE STANDPUNT-INNAME
Dit word dadelik in 1 Tim 4:6 gesê: Hou die dinge wat jy in waarheid geleer het, aan die mense voor “dan sal jy `n goeie dienaar van Jesus Christus wees terwyl jy jouself voed met die woorde van die geloof en van die GOEIE LEER WAARVAN JY `N NAVOLGER GEWORD HET.”
Daarmee saam moet vs 7 gelees word:”Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels.” Hiermee word bedoel dat gelowiges vervalste mooipraat-stories en preke moet herken, soos mens kinder-storietjies (feeverhale) kan ken as verdigsels.
Kennislose en belydenislose mense sal wel val vir die mooi woord-blomtuine van vervalste woordverkondiging.
3.
As ons die BETROUBARE WOORD vashou (vs 9), sal ons standpunt kan stel teen die deursigtige, belydenislose gebrabbel van opswepers.
Dan sal mens se lewenswyse ook steun wat jy bely.
4.DIE SUIWER BELYDENIS BEWAAR DUS TEEN OPPERVLAKKIGHEID !
Die belydenisskrift dwing gelowiges om eerder DIEPER TE DELF in die Woord van God, as om tevrede te wees met oppervlakkige praatjies en opswepende woorde.
Dan soek mens GOD SE EER, en nie om self `n “gevoel” te ervaar nie.
Ons moet weet dat die suiwere belydenisse aangeval sal word. Doen Satan dit dan nie al die eeue al nie ?
Die vader van die leuen is geslepe !
Hy kan, selfs deur die monde van mense, die waarheid net so effens verdraai, dat dit vir mense aanvaarbaar klink.
= Bly daarom, soos Paulus Timotheus aanmaan, met alle mag by die
Woord ALLEEN. Dit is waarheen suiwere belydenisskrifte mens
voer.
= Moenie kleinmoedig raak as jy die afval in kerke wereldwyd
sien, en die swaar van spot en aanvalle voel nie.
Christus het ons getroos dat as die wereld Hom gehaat en
vervolg het, sal dit met ons ook die geval wees. Maar dit
lei tot getroue volgelingskap en ware vertroue op God.
Petrus het geskryf dat Satan soos `n brullende leeu loop en soek wie hy kan verslind.
Ons behoud is die LEER.
Verkondig God se wil suiwer, en so ook die Raad van God, Sy Koninkryk en sy Verbondstrou. Sy beloftes staan vas, soos in die sewe briewe in Openbaring gegee is: “Aan hom wat oorwin ….”

Monday, November 12, 2007
13. OPVOEDING IN DIE VERBOND
LEES: 2 Tim.3:1-17
TEKS: vs 14-15
SING: Ps 30:1,3; Ps 91:1,6; Ps 128:4; Ps 38:1,17
Tradisie en ou gewoontes is deur die eeue al baie deur jong mense minag of opsygeskuif. Daarmee saam ook die geloof.
Die veeleisende lewe aan die een kant en die lokkende wereld aan die ander kant verwar hulle dikwels. Hulle besef hulle het God se bewaring nodig, maar ook hoe veel hulle rug op Hom gekeer is.
Paulus se woorde aan die jong Timotheus klink vir almal deur die eeue as riglyn en waarskuwing: BLY JY BY WAT JY GELEER HET !
Hou vas wat jy by jou ma en ouma en van my, Paulus, gehoor het.
Die “vooruitgang” wat almal beet het, is dikwels AGTERUITGANG. Mense sonder God gaan van kwaad na erger.
Hierdie waarskuwing van ons HERE beveel:
BEHOU DIE GOEIE !.
In hierdie paar woorde word vir ons vier dinge geleer oor die jong mens se opvoeding: daar word gewys op die TYD van die opvoeding, VAN WIE dit ontvang word, WAT hulle geleer moet word en die HOOGSTE DOEL daarvan.
1.DIE TYD VAN OPVOEDING
Christelike opvoeding in die Verbond van God begin DADELIK, terwyl `n kindjie byna nog nie kan verstaan nie.
Die Griekse woorde wat Paulus gebruik dui werklik op VAN KLEINS AF. Die woord in v 15 het Petrus ook gebruik in sy brief, en dan praat hy van SUIGELING.
Van die begin af moet die kind deel wees van huisgodsdiens en saam in die eredienste wees. Hulle gebed moet begin word selfs al verstaan hulle skaars.
In Spreuke 22:6 word gese “Oefen die seun volgens die eis van sy weg – dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.”
Hoor God se groot erns hierin.
Dit is Sy verbondskinders. Hy eis dit van ons.
Hulle moet as skapies van kleins af die stem van die Goeie Herder leer ken om Hom te volg.
2.VAN WIE KOM DIE OPVOEDING ?
Die ouers is die primere, eerste opvoeders, en bly dit hulle lewe lank – natuurlik veral terwyl die kinders nog afhanklik is van hulle. So het Timotheus se ma en ouma die grondslag gele van sy geloof.
Paulus raak egter meer aan: `n kind moet ook geskool word en kerklike opvoeding ontvang, in die gemeenskap van die gelowiges.
-2-
Deur dit alles is dit steeds die ouers wat moet TOESIG he. Hulle moet seker maak dat die sekondere opvoeders nie hulle kind laat dwaal van die waarheid af nie.
Eers is die opvoeding melkkossies, maar dit moet mettertyd gaan oor dieper, moeiliker dinge: die vaste kosse van die geloof.
VERSTAAN ONS ONS ROEPING ? Besef ons werklik wat die Doop-beloftes is ?
Die ouer se veranwoordelikheid hou nie op wanneer die kind groter word nie.
Baie probleme van kinders kan teruggvoer word na PROBLEEM-OUERS !
Dit is ouers wat nie hulle doopbeloftes hou nie . . . veral nie in die voorbeeld wat hulle moet stel nie. In Deut 6 lees ons dat die opvoeding en lering voorgaan as jy by die huis is, as jy op pad is, as jy gaan le en as jy opstaan:
Dit omvat die HELE LEWE.
Soos die tyd aanloop na die koms van Antichris toe, sal alles vererger. Dit het Christus Self gese. Hoeveel meer moet ons dan nie erns maak van ons taak nie !
3.WAT IS DIE INHOUD VAN HIERDIE OPVOEDING ?
Dit word vir ons ook duidelik gese: KEN die Skrif, dat jy
WYS WORD TOT DIE SALIGHEID DEUR DIE GELOOF IN CHRISTUS JESUS.
Niks anders is in ons lewens belangriker nie.
Dit is oneindig belangriker as grade en diplomas, as sport-prestasies en `n groot posisie by die werk.
Hierdie ander dinge IS wel van belang vir hierdie lewe. Ons het `n werkopdrag om te heers (Gen 1), en moet lewe. Om goed te lewe is ook nie sonde nie . . . maar HOE ons lewe.
Dit is waar die wysheid uit die Woord te pas kom.
Van hierdie opvoeding se Paulus (letterlik) dat Timotheus die Heilige Letters geleer. Dit is die Heilige Skrif, wat as’t ware letter vir letter vir die kind gevoer moet word. Deeglike kennis is nodig.
God se Woord is die belangrikste opvoedingsbron.
Dit gee aan ons lig op die gehele werklikheid waarin ons lewe.
Dit bring ons by
4.DIE HOOGSTE DOEL, WAARVOOR OPGEVOED WORD
Dit se v 15: KEN DIE SKRIF !
So alleen kom ons by die wysheid tot die saligheid.
Daarmee alleen het mens dit wat die ewige saligheid verseker.
Alle vooruitgang is vergeleke hiermee sekond^er.
-3-
Christus het beveel dat ons nie die kindertjies mag verhinder om by Hom te kom nie.
Sy verlossingswerk moet die sentrum wees van alles wat `n kind van kleins af geleer word. Dan bring ons die kind by die ENIGSTE TROOS wat ons in lewe en sterwe nodig het: Dat ons na liggaam en siel aan Hom behoort wat ons duur gekoop het met Sy bloed.
Dit is wat ons doopbeloftes beteken.
As dit getrou nagekom word, het die jongmens krag, wanneer die versoekings kom, wanneer swaarkry tref en vir wanneer hulle bly is.
Met die kennis, en diesekerheid van God se liefde kan ons jongmense ook die verlede, die tradisie en bo alles die Kerk reg waardeer en `n toevlugsplek vind in voor- en teenspoed
AMEN

Doleansieverklaring,Gereformeerde Kerk Pretoria
13 November 2007
Gegroet, Lesers !
Ek was vir `n maand met langverlof weg, en daarna baie besig met kerkverand-sake, soos bv die verklaring
van die Gereformeerde Kerk Pretoria wat hierna volg.
Daarna volg weer DV weekliks preke, en ek sal ander stukke oor gebeure in die GKSA mettertyd laat volg.
Seenwense,
HT de Villiers
================================================================
VERKLARING VAN DOLEANSIE
Die Gereformeerde Kerk Pretoria het in Januarie 2004 die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika meegedeel dat ons die Skrif, Belydenis en Kerkorde onverbiddelik handhaaf en dit in die praktyk tot uiting laat kom. Daarmee het ons as Bruidskerk van Christus ons gewillig onder die juk van ons Koning en Bruidegom Jesus Christus gebuig met die bede dat die sake waardeur die eenheid tussen die Kerke versteur is, herstel sal word.
Meer as drie jaar later moet die Gereformeerde Kerk Pretoria met droefheid getuig dat die toestand geensins verbeter het nie en selfs erger geword het.
Geen van hierna genoemde sake toon terugkeer na Skrif, Belydenis en Kerkorde nie.
Ten einde ons roeping te kan voortsit om die beeld van Bruidskerk uit te straal, ag ons dit nou nodig om met leedwese aan al die Kerke in die GKSA-verband bekend te maak dat ons ons treurende toestand van die afgelope 24 jaar oor die GKSA voortaan tasbaar en voortdurend gaan betoon deur Dolerend by die naam van hierdie Kerk te voeg en dat ons voortaan as die Gereformeerde Kerk Pretoria (Dolerend) bekend sal staan. Daarmee word aansluiting by onder meer die Gereformeerde Kerk Waterberg (Dolerend) gevind.
Die Gereformeerde Kerk Pretoria (Dolerend) herbevestig ons binding aan die Heilige Skrif, Belydenisskrifte en die Kerkorde.
BETEKENIS VAN DIE DOLEANSIEVERKLARING
(Memorandum ¤1)
Hierdie amptelike verklaring van doleansie behels dat die Gereformeerde Kerk Pretoria (Dolerend) 'n afwagtende houding inneem ten opsigte van besluite wat die Kerke DV in 2009 in sinodesitting byeen, sal neem en sal die besluite ingevolge Artikel 31 van die Kerkorde aan die Woord van God, die Belydenisskrifte en Kerkorde beproef; daaraan onderhewig dat gebeure voor 2009 hierdie Kerk nie tot dringende besinning dwing nie.
Ons volhard op die Skriftuurlike Gereformeerde paaie wat die toets van byna vyf eeue deurstaan het en sal op elke dienlike wyse die leringe van Skrif en Belydenis verkondig en bevorder. Terselfdertyd sal ons in gebed volhard dat die Kerke in GKSA-verband na hulle ware Bybelse Gereformeerde wortels sal terugkeer. Daarin volg ons die weg van Jeremia 6:16: So spreek die HERE: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie Weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel.
( Mag hierdie kerkverband daarvan bewaar word dat die laaste woorde van hierdie vers nie finaal u eie antwoord word nie: Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie.)
Die Gereformeerde Kerk Pretoria (Dolerend) beklemtoon dat nie net die geskilpunte van sinode-2006 skeiding bring nie. Inteendeel is daar in die Kerkverband baie ander sake waarin van die Skrif afgewyk word en wat hieronder genoem word.
Aangesien daar genoeg onbeantwoorde beswaarskrifte en artikels sedert 1983 is wat ons standpunte stel, word die sake bloot gestel.
`n Onskriftuurlike tydsgees word weerspieël in sinodebesluite oor vroue in ampte, gebruik van kelkies met Nagmaal, Nagmaal nie om die tafel nie, 2003-omdigting, dinamies-ekwivalente Bybelvertaling, ensovoorts.
Hierdie en verder genoemde sake staan in skrille kontras met God se Heilige Woord, waarvan God die Heilige Gees alleen die Outeur is wat Sy dienaars beveel het om Sy Woord op te skryf en te verkondig (Eseg 2:1-10; 3; Ex 24:12; Openb 1, 2, 5; Openb 22:7, 18-19; 1 Petr 1:10-12; 2 Petr 1:19-21).
SKRIF EN BELYDENIS
1. Sinodes wys al vir meer as twintig jaar by herhaling op tegniese punte beswaarskrifte teen die 1983-vertaling af en wil nie die basuin hoor blaas nie (Eseg 33). Daar word ook nie op die dringende oproep in Jes 21:11-12 ag geslaan nie: Wagter, hoe ver is dit in die nag? Wagter, hoe ver in die nag? Die wagter sê: Die môre kom, en ook die nag. Wil julle vra, vra; keer terug, kom.
2. Daar is meermale erken dat die veranderde “verstaan” by hierdie vertaling gelei het tot die veranderde verklaring van die Skrif. Sinodebesluite om nie die 1983-vertaling in die Belydenisskrifte op te neem nie, is erkenning dat die 1983-vertaling foutief is.
Uit hierdie vertaling vloei al die nuwighede in die Kerkverband wat bots met die Skrif. Die sosio-historiese verklaring bots met die Openbaringshistoriese verklaring van die Hervorming. Dit lei tot sterk veranderde prediking, `n hermeneutiek wat vreemd aan die Skrif en Hervorming is, nuwe liturgieë en o.a. `n “beryming” soos die waaroor daar nou stryd is.
3. Die Reformatoriese waarhede word vir remonstrantse dwalings verruil, soos in die Dordtse Leerreëls weerspreek - soos met die aanvaarding van die 2003-“omdigting”. Die wysiging van Art 36 NGB (punt 5 hieronder) onderskryf die remonstrantse dwaling dat die staat of owerheid seggenskap oor die Kerk van Christus het.
4. Die Apostoliese Geloofsbelydenis of Twaalf Artikels word verander en Artikel 68 Kerkorde word nie nagekom in die proses nie.
5. Art 36 NGB is gewysig om by die huidige staatkundige patroon in die land aan te pas, en Sinode-2006 erken met sy besluite stilswyend dat dit verder aangepas moet word. Dit is in stryd met die vereiste dat die Belydenisskrifte slegs op Skrifgronde gewysig mag word en verwerp die standpunt dat die Belydenisskrifte aanvaar word omdat hulle in alle opsigte aan die Woord van God voldoen. Daarom is dit strydig met Art 29 NGB, aangesien nie-Skriftuurlike bronne toegelaat word om die inhoud en bewoording van die Belydenis te bepaal.
6. Ons het oor die afgelope byna drie dekades, in aansluiting met ander Kerke, op meerdere vergaderings tevergeefs die Kerklike weg probeer volg. Ons het ervaar dat belangrike sake op “tegniese punte” afgewys word, terwyl Skrifgegronde antwoorde nie gegee word nie. Daar word volhard met besluite en praktyke in Kerke in die GKSA-verband wat radikaal van die Heilige Skrif en die Belydenisskrifte afwyk - dus van die eeue-oue standpunte van die Hervorming.
LITURGIES
7. Onordelike en onskriftuurlike liturgiese handelinge kom voor ter wille van wat “die mense wil hê”.
God se wil oor hoe Hy gedien moet word, word verontagsaam. Formuliere word eiesinnig verkort. Die Wet van die HERE word nie volledig afgekondig nie, en die Geloofsbelydenis word selfs uitgelaat. Tweede eredienste word afgeskaf of vervang met “sangdienste” met nie-goedgekeurde liedere en “getuienisse”.
Leer- of kategismusprediking verdwyn. Ander ongereformeerde gebruike word ingevoer, soos gebedsgroepies (kerkies binne die kerk), “halleluja’s” en dies meer, wat die eeue-oue rustigheid van die Bybelse erediens met mensebelewenisse vervang.
8. Die Heilige Doop word met menslike gebruike beklee asof dit 'n familiesaak is en nie 'n heilige Verbondshandeling van God met ouers en kind en gemeente nie. Dit ontaard selfs in `n “kinder-partytjie”.
9. Professionele beraders verdring die ampte wat deur die HERE ingestel is. Berading vorm deel van Kerklike pastorale bearbeiding in die gemeenskap van die heiliges, dat ons mekaar se laste in onderlinge liefde moet dra.
10. Liedere wat nie deur die Kerkverband aanvaar of goedgekeur is nie, word in sommige Kerke gesing (Art 69 KO).
KERKREGTELIK
11. Kerkrade is volgens die Bevestigingsformulier vir ouderlinge en diakens deur die HERE ingestel met duidelike Skrif-vasgestelde opdragte, take en werkswyses oor hoe die wingerd van die HERE bewerk moet word.
Dit is sorgwekkend dat Kerkrade en meerdere vergaderings al meer soos sekulêre verenigings funksioneer, met visies en missies, spanboubyeenkomste en dies meer asof die kerk 'n sakeonderneming is. “Dagbesture” hanteer selfs Kerkraadsake.
12. Ooreenkomste tussen Kerke wat by wyse van gesamenlike besluite op meerdere vergaderings aangegaan word, word omseil, sonder om die Kerkordelike weg te volg. Dit is nie net 'n vernietiging van die onderlinge vertroue en eenheid van hart en sin nie; dit is ook 'n oortreding van die Negende en Derde Gebod, omdat die openbare verklaring wat aan die begin van elke meerdere vergadering deur die deputate van die Kerke afgelê word, genegeer word.
13. Van diegene wat aan die Gereformeerde leer en Kerkbeskouing vashou, word geëis om die kerklike weg te volg. Aan die ander kant was daar heftige reaksie en selfs `n onbybelse petisie toe Sinode-2006 die 2003-besluit oor vroue in ampte (op 'n tegniese punt) wesenlik nietig verklaar het. Broeders het tydens Sinode-2006 openlik aangedui dat hulle teen hulle gewetens sou gestem het as hulle besef het dat die 2003-besluit oor vroue in ampte tersyde gestel sou word. Daarmee is die Openlike Verklaring wat aan die begin van Sinode-2006 voor God afgelê is , kragteloos en tot 'n bespotting gemaak. Menslike insigte is bo die Woord gestel (Art 29 NGB).
14. In stryd met die Gereformeerde (presbiteriale) grondslag oor die plek, funksie en gesag van meerdere vergaderings, tree meerdere vergaderings ( en selfs deputategroepe en die administratiewe buro) toenemend op asof hulle in eie reg gesag het om aan die Kerke in GKSA-verband voor te skryf.
Hulle matig hulle aan om besluite te neem asof hulle vaste strukture met kerkregtelike persoonlikheid is, en eis dat plaaslike Kerke sulke besluite móét nakom. So vervang kerklike gesag die gesag van die Skrif. Kollegialistiese voorskriftelikheid en oorheersing kom tot uiting in die besluite van sinode-2006 om aan Kerke voor te skryf aan watter Klassisse hulle moet behoort, kontraktuele binding van Kerke aan lidmaatskap van die SARK en ander sekulêre instellings soos die NWU, en voorskriftelikheid deur die Administratiewe Buro en sekere deputategroepe (om dit maar by herhaling te noem).
15. Die Kuratorium van die Teologiese Skool en veral sy Dagbestuur tree op asof dit 'n instelling met eie gesag is. Die Dagbestuur hanteer wesenlik alle sake en stel blykbaar die volle Kuratorium voor voldonge feite en gedane sake. Ernstige navrae word óf gladnie óf baie ligtelik beantwoord en maande en jare gaan verby voordat dit geskied. Daarby tree die Kuratorium aanmatigend op soos deur op eie gesag uitdruklik die Kerke aan 'n ooreenkoms met die sekulêre NWU te verbind. Sinode-2006 het hierdie optrede goedgekeur en so elke plaaslike Kerk sonder VOORAF medewete en instemming 'n party in die ooreenkoms gemaak. Dit bring finansiële en ander verpligtings mee wat op die plaaslike Kerke afgedwing word.
BETROKKENHEID BY POLITIEK
16. Die GKSA-Kerkverband het hom op die staatkundige (politieke) terrein begewe deur besluite van sinode-2006 en vorige verwante besluite oor die volgende:
l Die bestryding van geweldsmisdaad. Dit lê suiwer en enkel op die terrein van die owerheid (Rom 13).
l Die bestryding van armoede en werkverskaffing. Dit lê nie op die terrein van die Kerk nie; die Kerk se taak is enkel en alleen om die Woord te verkondig en Liggaam van Christus te wees. Diens van Barmhartigheid is totaal iets anders.
l Betrokkenheid by wetgewing deur deelname aan die NG Kerk se parlementêre lessenaar. Die Kerk is nie geroepe om toesig oor die owerheid te hou nie, wel om vanuit die Skrif teenoor hom te getuig. Hierdie besluit is in sy wese Rooms.
l Ondersteuning van die owerheid met die uitvoering van die sogenaamde grondhervormingsprogram. Hiermee het die GKSA-verband hom in die ideologiese uitgangspunt van die regime verstrik, met verdeeldheid as gevolg.
l Deelname aan 'n navorsingsprojek van die Northwest University oor die reformatoriese teologie en die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse samelewing.
17. Samewerking met ander kerke om sogenaamd teenoor owerhede te getuig, en “lidmaatskap” van die SARK (wat saamwerk met ander gelowe) en die parlementêre lessenaar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk – in plaas daarvan dat die Woord teenoor owerhede verkondig word na die voorbeeld van Jona en Jeremia en ander profete, ja deur die Here Jesus Christus Self toe Hy die oordeel oor Jerusalem aangekondig het (Luk 19:41vv). Met hierdie optrede word die Roomse standpunt ingevoer dat “die kerk” toesig oor die staat moet hou.
18. Sekulêre instellings en die media word gebruik om druk op die Kerke uit te oefen, en die lasterlike en onkundige reaksies wat dit ontlok stel die Kerke van Christus in verleentheid. 'n Uitstaande voorbeeld is die vroeë bekendmaking van die verslag oor 'n “nuwe struktuur” van die GKSA (wat aan Sinode-2006 voorgelê is) wat deur `n deputaatskap gedoen is.
SLOTOPMERKINGS
19. Die omstandighede wat tans in die GKSA-verband heers, is toe te skryf aan nalatigheid om beswaarskrifte, ensovoorts, deeglik vanuit die Skrif te ondersoek. Verder is daar oorheersing deur predikante, veral van sommige van die predikante wat as doktore vir opleiding van predikante (volgens art 18 KO) geroep is (dominokrasie).
Aan die ander kant is daar gevalle waar behoudende predikante teen hulle oortuiging in deur kerkrade gedwing word om nuwighede in te voer. Onordelikheid en wanordelikheid is aan die orde van die dag, soos die wyse waarop sinode-2006 gevoer is. Afgehandelde sake is weer ter tafel geneem en het tot teenstrydige nuwe besluite gelei.
Op sinodevlak plaas die eiewillige optrede van sommige deputategroepe die vergadering voor voldonge feite en, in plaas van vermaning, word hulle verslae gerieflikheidshalwe gekondoneer.
Kerkrade se navrae en reaksie oor, en antwoorde, aan deputategroepe word aanvallend beantwoord. So is Kerkrade se reaksie op die beoogde katkisasieboekies beantwoord en geen gevolg is daaraan gegee nie.
Die deputate Liturgie het kommentaar oor die 2003-omdigting geignoreer, nie eers erkenning daarvoor gegee nie, en dit met `n onaanvaarbare kommentaar in 2003 se sinode opsygeskuif asof dit nie bestaan nie.
Dit openbaar die gees van onverdraagsaamheid in die GKSA-verband en oorheersing deur deputategroepe.
OPROEP TOT TERUGKEER
Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika doen afstand van hulle reg tot aparte bestaan as kerkverband deur af te wyk van die hoofredes vir die herstigting of vrymaking van 1859. Eenheid word gesoek ten koste van die waarheid.
By Sinode-2006 is die indruk geskep van `n gees van versoening en saam na die Skrif luister. Intussen het 22 maande verloop sonder uitnodigings in die hele Kerkverband om Sinodedeputate te ontmoet vir gesprek oor vroue in ampte en die 2003-omdigting.
Beswaardes oor die 1983-vertaling is nie genooi om hulle saak toe te lig by die deputate wat die beswaarskrif moes bestudeer nie, ten spyte van navraag daaroor.
Was dit dan bloot 'n poging om tyd te wen?
Ons vermaan die Kerkverband om die tekens raak te sien van herhaling van foute en dwalinge wat deur die kerkgeskiedenis plaasgevind het.
l Herken hierdie tyd as een van groot nood. Luister na hierdie oproep tot werklik suiwer Bybelse besinning.
l Semper reformanda – atyddeur reformerend - word voortdurend as slagspreuk gebruik. Die voorvoegsel re beteken terug of her. Reformanda dui deurlopende optrede aan en beteken her- of oorvorming terug. Terug na die die Woord!
l Reformanda vereis die deurlopende toetsing van die Kerk ,of dit suiwer is volgens die Woord van God (Art 29 NGB). Semper puranda – altyd suiwerend, en dan semper reformanda – terug na die suiwerheid van Woord en leer!
l
GLO ONS NOG DIE WOORD VAN GOD,
EN BUK ONS GEWILLIG ONDER DIE JUK VAN JESUS CHRISTUS ONSE HERE . . .
OF BUIG ONS VOOR DIE WOORD VAN MENSE?
Ons bede is dat ons almal saam steeds die slotwoorde van die Sinode van Dordrecht (1618-1619) onderskryf:
“Ten slotte doen hierdie Sinode `n beroep op alle bedienaars in die Evangelie van Christus om hulle in die behandeling van hierdie leer in die skole en in die kerke vroom en gelowig te gedra. Hulle moet hierdie leer sowel mondeling as skriftelik tot eer van die Naam van God, tot heiligmaking van die lewe en tot troos van die verslae harte uitlê. Hulle moet in ooreenstemming met die Skrif nie alleen na die reël van die geloof dink nie maar ook praat. Eindelik moet hulle hulle weerhou van alle uitsprake wat die voorgeskrewe perke van die ware strekking van die Heilige Skrif oorskry. Sulke uitsprake kan aan die skaamtelose dwaalleraars `n gegronde rede gee om die leer van die Gereformeerde Kerke sleg te maak of te belaster.
Mag die Seun van God, Jesus Christus, wat aan die regterhand van die Vader sit en aan die mense gawes gee, ons in die waarheid heilig. Mag Hy hulle wat dwaal tot die waarheid lei en die lasteraars van die gesonde leer die mond snoer. Mag Hy die getroue dienaars van Sy Woord die Gees van wysheid en onderskeiding gee, sodat al hulle uitsprake tot eer van God en tot opbouing van die hoorders mag strek.
Amen.”
----------0----------
is, 4.12 Die Teologiese Skool word sonder behoorlike voorafkennisgewing aan en voorafraadpleging van die Kerke in die GKSA-verband aan 'n sekulêre universiteit, naamlik Northwest University, gebind. Let daarop dat die ooreenkoms nie met die Potchefstroomkampus aangegaan is nie. Dit is beswarend dat die saak eers tydens Sinode-2006 na vore gekom het. Die bindingsooreenkoms bevat onder meer voorskriftelike bepalings oor prosedures ten opsigte van die beroeping van dosente aan die Teologiese Skool asook toesighouding oor die opleiding self. Dit word 'n vraag of die Kerke die reg behou om tugtelike toesig oor die dosente te hou en hulle, synde deur die NWU minstens gedeeltelik werknemers van die staat, te mag afsit of ontslaan. Ten spyte daarvan dat die Kerke nie vooraf in die opstel en aangaan van die ooreenkoms geken is nie, is die Kerke gesamentlik en afsonderlik en die betrokke universiteit die partye in die ooreenkoms en word die Kerke tot die benodigde finansiële verpligtinge verbind.
Die saak gaan inderdaad baie verder terug toe talle Kerke sedert die jare-tagtig hulle eiesinnige gang gegaan het ten opsigte van sake soos kelkies en ander gebruike “omdat die nie-invoering daarvan die sinode onnodig vertraag”. Sodoende het 'n groot aantal Kerke reeds lankal Kerkverband verbreek deur nie volgens die presbiteriale Kerkreg by afsprake met ander Kerke te hou nie.

Sunday, August 26, 2007
DIE HEERLKHEID VAN CHRISTUS
12.`N ANDER HEERLIKEID
LEES: Johannes 2:6-11
Die “heerlikheid” van selfs die mees uitstaande mense is maar AFGELEIDE heerlikheid.
Almal werk tog met talente wat hulle van God ontvang het.
Die mens het met die Sondeval die heerlikheid VERLOOR
waarin hy oorspronklik geskape is.
Die dinge wat die mensdom gewoonlik raaksien en prys, is baiemaal maar erg misplaas. Ons meet mekaar slegs aan dinge soos prestasie in werk, sport, gewildheid, skoonheid, grootte van huise, blink motors of stywe bankrekenings, ens.
WêRELDSE VERERING IS OP WêRELDSE DINGE INGESTEL.
Christus openbaar aan ons `n ander heerlikheid in Sy prediking, werk en wonders.
DIE TYD EN PLEK VAN SY EERSTE WONDER
Dit was besonder, en met `n doel gekies.
Jesus gebruik `n alledaagse geleentheid, `n troue, daarvoor. Hy doen hierdie wonder tussen gewone mense.
Daarmee wys Hy dat Hy nie by ons verbygaan in die gewone, daaglikse gang van ons lewens nie. Niks wat ons raak gaan by Hom verby nie.
Vir alles het ons Sy seën nodig.
OOK IN DIE GEBEURE LEER HY ONS
Hy betoon Hom as soewerein en onafhanklik. In Sy werk vir die uitverkorenes laat Hy Hom deur niks bind nie.
SY HEERLIKHEID verhef Hom bo die gewone bande wat mense bind. Selfs sy menslike respek en eer vir Maria maak plek vir Sy majesteit, as Hy Sy werk uitvoer. Daarom sy antwoord aan haar.
SY ABSOLUTE MAG toon Christus vir die eerste keer by hierdie troue in die dorpie Kana, as Hy water in wyn verander. En Hy toon daarby sy volmaakte liefde.
Hy het gekom om alles te herstel.
As ons in Openb 21:5 lees dat God sê:”Kyk, Ek maak alles nuut”, weet ons dit is gegrond op Christus se oorwinningswerk.
Christus het ook ons siening van wat heerlik en goed is kom regstel. Hy leer ons wat uitstaande en aanvaarbaar voor God is. Deur Sy gehoorsaamheid aan die Vader het Hy ons ander, hoër waardes kom leer.
Ons ag nou ander dinge as heerlik, as wat die gewone aardse instelling is.
Sy ONGEBONDENHEID deur gewone bande het ons nie losgemaak van ons bande nie –
Deurdat Hy nie `n woonplek gehad het nie en
-2-
deur Sy verlatenheid van God en mens aan die kuis, het Hy juis ons bande kom herstel.
Dit geld vir ALLE bande – ook die huwelik, wat Hy in sy ereplek verhef het. Daarom gebuik Hy juis `n troue om daar vir die eerste keer Sy heerlikheid aan die dissipels te openbaar.
VERSKILLENDE MENSE HET OP VERSKILLEND MANIERE OP HIERDIE WONDER REAGEER:
= By sommiges was daar net verbasing – verwondering – en daarmee
Klaar. Dit was die geval met die skinkers.
= By ander was daar net genieting, sonder verdere navraag.
= Maar dan was daar die dissipels en ander soos hulle ! By hulle
is daar die fondament gelê van `n verdiepte, stewiger geloof in
Jesus.
Die wyn by Kana sou opraak en mense sou waarskynlik gou vergeet daarvan. By die wat Jesus se wonder egter IN `N WARE GELOOF ervaar het, sou daar iets bly wat hulle altyd kon saamdra: geloof in Sy Goddelike mag.
HULLE HET NIE BLOOT DIE GAWES GENIET NIE, MAAR DIE GEWER DAARVAN NIE VERGEET NIE.
As dit ook in ons lewens die geval is, geld die woorde van Joh 1 ook vir ons, DAT ONS SY HEERLIKHEID AANSKOU HET.
Natuurlik moet ons nie altyd net op soek wees na wonders nie, wat ons moet doen, is om te bly in die geloof in die Wonderwerker. Ons ken Christus se heerlike verhoging aan die regterhand van die Vader en ons ervaar sy liefde in alles wat oor ons kom.
VEEL EN GROTER wonders sou nog volg op hierdie een te Kana, en ons sien uit na `n heerlikheid met Christus se Wederkoms, wat in geen mens se gedagtes eers kan bestaan nie.
ALLE DINGE SAL IN HEELIKHEID HERSTEL WORD !
Bedink daarom ons HERE Christus se heerlikheid met groot erns en sonder ophou.
Alles wat die Bruidskerk deur die eeue belewe is deel van die UITWERKING van die heerlikheid wat God ons in Christus gee. Dit sal VIR EWIG wees.
Die gelowiges sal verheerlik word, soos wat die mens voor die Sondeval was. Ons sal op die laaste dag in volmaaktheid opstaan uit die dood.
Ons sal dan as konings die opdrag van God aan die mens volmaak kan uitvoer.
DIT ALLES KRY ONS UIT GOD SE GENADIGE VERKIESING.
DIE WONDERGEWER VERRYK NOU REEDS ONS LEWENS DEUR DIE GELOOF, MAAR DAN SAL GELOOF OORGAAN IN AANSKOUING !

MEER AS OORWINNAARS
10.STANDVASTIG EN ONBEWEEGLIK
LEES: 1 Kor 15:51-58
In hierdie lang hoofstuk het Paulus kragtig getuig oor die opstanding van Christus en daarom ook ons opstanding uit die dood.
Hy sluit dan af met `n vermaning: Terwyl julle dan hierdie geloofsverwagting het, VOLHARD in die geloof. Lewe volgens God se wil.
Hy gebruik twee besondere woorde vir sy vermaning:
STANDVASTIG en ONBEWEEGLIK.
1.STANDVASTIG
Die Griekse woord wat Paulus gebruik, beklemtoon ons volharding op 1n besondere manier.
Letterlik is die woord verwant aan `n ander, wat beteken om op `n stoel te sit, en van daar kom kom ander betekenisse in Grieks:
“wees gesetel”, en “hou jou van iets terug.”
BEHEER JOUSELF ! Moenie wees soos andere wat verlei word deur die drifte, luste en begeertes van die sonde nie.
STAAN VAS ! Hou julle self in toom.
Dit hou `n ander bevel ook in, `n VERBOD. Die BRUIDSKERK van Jesus Christus moet haar afkeer van die slegte dinge in die wêreld, wat so aanloklik is.
Dit moet deel wees van `n hele lewenshouding van dankbaarheid. Ons moet getrou bly al is ons wankelend en swak.
STAAN ONS VAS ?
2.ONBEWEEGLIK
Dit klink na dieselfde as “standvastig, maar dra tog `n ander betekenis-kleur.
“Onwankelbaar” is die woord in die ’83 vertaling gebruik is, maar “onbeweeglik” druk eerder uit wat die Griekse woord stel:
Dit is die Griekse woord waar ons eie woord “kineties” vandaan kom. Dit dui eintlik op beweging en selfs miskien aantrekkingskrag.
Ons moet “NIE-kineties” wees, is wat dan eintlik hier staan.
Moenie weg beweeg van die kosbare waarhede oor ons verlossing en opstanding nie.
MOENIE jou laat beweeg/ompraat/weglok nie ! Wees op julle hoede vir die geslepe dwaalleraars wat die Waarheid van die Woord so subtiel verdraai.
Moet nie wegvlug van die Woord, wanneer dit die sonde-boosheid oopvlek nie. Laat jou nie ompraat deur die lokstemme van verleiding nie.
WATTER GEVOLG HET HIERDIE STANDVASTIGHEID EN ONBEWEEGLIKHEID VIR ONS ?
-2-
DIE GEVOLG IS DAT ONS ALTYD OORVLOEDIG SAL WEES IN DIE WERKE VAN ONS HERE, EN HIERDIE WERK, Se PAULUS,
IS NIE TEVERGEEFS NIE !
In die ou Griekse vertaling van die Ou Testament is dieselfde woorde gebruik om die ONVERANDERLIKHEID en TROU van God uit te druk.
Hy het onveranderlik trou gebly aan die beloftes van Sy Verbond, wat vervul is met Christus se koms en verlossingswerk. CHRISTUS het STANDVASTIG en ONBEWEEGLIK gebly in die doen van die Vader se wil. Hy het die Wet volkome onderhou.
Met hierdie selfde trou voer Hy steeds Sy beloftes na `n heerliker vervulling – die koms van die Koninkryk.
Soos God Israel deur die eeue vasgehou het, ten spyte van hulle sondes en swakhede, red Hy die Nuwe Testamentiese gelowiges en dra ons heen na Sy Wederkoms.
Die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie (Ps 121).
Sy trou aan die Verbond is ons waarborg.
Wie op Christus bou, bou op `n rots, sodat hy ook standvastig en onbeweeglik kan bly.
DIE STORMS VAN DIE WeRELD SAL HIERDIE HUIS NIE WEGVEE NIE. DIE POORTE VAN DIE HEL SAL DIT NIE OORWELDIG NIE !
In Jesus Christus is ons meer as oorwinnaars (Rom 8).
Selfs wanneer ons deur ons lewens die een na die ander se dood belewe, kan ons volhard in die geloof, want ons geloof staan standvastig en onbeweeglik:
In `n tyd waarin al meer “teoloë” die opstanding van die liggaam loën, glo ons dat Christus die Oorwinnaar oor die graf en die dood is.
Telkens as ons dan by `n oop graf staan kan ons hierdie woorde in 1 Kor 15 in ons harte vashou:
“hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word” (v.53), en
“Die dood is verslind in die oorwining” (v.54) !

Preek, wyle ds Jan Coetzee
Hieronder nog ‘n preek deur wyle ds. Jan Coetzee, oor die HK Sondag21:
“Wat glo jy van die heilige, algemene, Christelike Kerk?
Dat die Seun van God uit die ganse menslike geslag vir Hom ‘n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is deur sy Gees en Woord, in die eenheid van die ware geloof, van die begin van die wêreld af tot aan die einde toe vergader, beskerm en onderhou; en dat ek daarvan ‘n lewende lid is en ewig sal bly.” En so voorts.
Ds. Jan Coetzee Aanddiens 8 September 2002
Lees: 1 Korinthiërs 12: 12-31
Heidelbergse Kategismus: Sondag 21 Vraag en Antwoord 54-56
Sing: Ps.100:2-4; Ps. 121:1,4; Ps. 43:3,4; Ps. 42:2,7
‘n Mens moet ag slaan op die slot van hoofstuk twaalf waar Paulus dan skrywe: ‘Maar beywer julle dan met die oog op die beste gawes en ek wys julle ‘n nog uitnemender weg’. En toe skrywe hy die dertiende hoofstuk: ‘Al sou ek die tale van mense en engele spreek en ek het die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal geword’. En alles wat daarop volg. Dit is die weg van die liefde, maar ‘n liefde wat tot in ewigheid is.
Het dit u ook opgeval dat van die Psalms wat ons vanaand kon sing, sluit af met die gedagte van die ewigheid, ‘n ewige vreugde, ‘n ewige blydskap. As u deur die Psalmboek blaai, berymd en onberymd, dan sal dit u opval dat die ewigheid --dit wat gebeur nadat die tyd klaar geraak het vir ons-- so groot in ons lewe is.
Nou gaan dit in Korintiërs se brief oor die Kerk. U ken seker die agtergrond van die Korintiër-briewe, ek stip dit maar net aan om die gedagtes weer op te skerp.
In Korinthe was daar ‘n hele paar evangeliste, waarvan Paulus een was. En die klomp het onder mekaar begin veg, want daar was ‘n man wat in onsedelikheid gelewe het en hulle doen hom niks. Paulus skryf vir hulle daar is so ‘n ding soos kerklike tug... toe wil hulle hom weer nie vergewe nie. En u weet, sodra jy twee teenoorgestelde dinge doen, veral in die Kerk van die Here, en daar was oortuigings wat heen en weer gaan, dan is die liefde weg.
Nou skrywe die Bybel hier aan ons oor die Kerk; vergelyk dit met die liggaam en sê: uiteindelik is dit nie die liggaam se volwassenheid wat tel nie, maar die diensbaarheid.
Kyk, kerke kom en gaan, gemeentes kom en gaan, bly sekere rukke bestaan, dis niks. Dit is die dienswerk wat die gelowiges doen, wat tel. Die uiterlike volg mos maar soos die een geslag na die ander kom.
En dan begin dit vir ‘n mens noodsaaklik word om aan die ou bekende waarheid, waarvan u almal weet, weer aandag te gee. Die Kerk is ‘n vergadering van gelowige mense. Die Here het met mense ‘n verbond gesluit en as ‘t ware soos met ‘n hark, deur Sy Woord en Gees, uit al die geslagte die bondelinge bymekaar gebring. Die Seun van God het hierdie werk gedoen.
As u weer deur die evangelies lees, die beskrywings daarvan, dan staan ‘n mens verbaas hoedat dit moontlik was dat die Here Jesus vir die drie jaar feitlik dag en nag op plekke en op pad, geleer het. Dié van ons wat onderrig moet oordra aan ander, weet hoe moeilik is dit. As jy oor dinge waarvan mense niks weet nie, maar eintlik alles moes geweet het, aan hulle moet leer.
Ja, die mense van Palestina moes alles geweet het. Want voor die Here Jesus begin preek het, het Hy dissipels uitgestuur en vir hulle gesê, net soos Johannes die Doper: Die koninkryk van God is naby. En dan moet hulle dink: Koning Dawid, die man na God’s hart, wat die koninkryk van God in Palestina gevestig het: so moet ons wees. En hulle moes verwag het en bly gewees het dat hierdie Saligmaker nou gekom het en Hy bring die koninkryk van God.
En toe veg hulle oor die saak van: of hulle van die man hou, of nie van hom hou nie. Moet hulle hom tug of moet hulle hom vergewe? En dan die valse teenstelling tussen tug en vergifnis... Die twee gaan saam!
Daarom het die vaders wat die Kategismus opgestel het uit die wysheid wat God hulle gegee het, by die leer oor die Kerk ook die leer oor die skuldvergifnis ingestel.
Hiervan het mense ‘n fout gemaak deur die eeue heen en gesê: die Kerk vergewe jou sonde. En as die priester dan in Latyns sê: ‘Ek vergewe jou sonde’, dan is jy los.
Maar dan is jy nie los nie. Die vergifnis wòrd nie deur die Kerk gegee nie, maar deur die Kerk geléér.
Soos wanneer gelowiges met mekaar saam is en die verontregte gevoel seëvier nie; wanneer mense vir mekaar die goedheid doen en gun. Dit is waaroor hierdie hoofstuk dan verder gaan. Maar hoe bereik ons hierdie ewigheid in die Kerk dat uiteindelik net die dienswerk oorbly?
Dit is maklik vir Paulus, want daar was nie kameras in sy tyd nie en niemand het daaraan gedink om ‘n beeld van hom te maak of ‘n tekening nie. Nou weet ons nie hoe het hy gelyk nie. Ons weet nie hoe die Here Jesus gelyk het nie, behalwe dat die Bybel tog vir ons ‘n soort aanduiding gee:
Die Seun van Dawid... onthou u hoe het hulle hom beskrywe in die boek Samuel? Nou goed: groot, Saul se harnas het hom gepas, rooierig en met mooi oë. Dit sê die Bybel van koning Dawid; ‘n held. Sodat die gedagte dat onse Here ‘n swakkeling sou wees wat al sukkelend en bewende probeer het om ‘n gemeente, ‘n Kerk, in Palestina te stig, ‘n fout is. Toe dit nodig was het Hy die tempel gereinig, hulle uitgegooi, hulle kon Hom nie teenstaan nie. En toe dit nodig was het Hy Hom oorgegee dat hulle Hom kruisig.
Daarom is die eerste gedagtereeks waarvoor ons u aandag vra, die werke van die Here Jesus. As jy oor die Kerk dink moet jy nie oor die mense dink, oor die geskiedenis dink, oor hoe dit deur die loop van die eeue gegaan het nie. Maar jy moet dink oor wat die Here Jesus doen:
Hy bou die koninkryk van die hemele, met Sy Kerk. Hy het die Kerk daargestel; Hy bring mense bymekaar deur al die eeue heen. En die doel is nie net dat hulle nou bymekaar moet wees nie, maar dat hulle die regeermag van God sal erken. ‘Koninkryk van God’, is tog ‘n Koning en onderdane met ‘n regeermag, dit kan nie anders nie. Dit is Hy, die Koning en Hy regeer oor ons, maar Hy regeer oor mense aan wie die Vader die beeld van God gegee het. Hulle kan dink, hulle kan praat, hulle kan besluit en hulle moet nie God teenstaan nie en hulle moet aan Hom gehoorsaam wees.
Wat ‘n geweldige geestesaksie verwag God tereg --want Hy het ons so gemaak-- sal mense hê wat Hy in Sy Kerk bymekaar bring... En Hy wil hulle almal gebruik om die regeermag van Christus te leer.
Nou is dit wonderbaar en maklik, almal het gawes, jy kan uitbrei op wat Paulus hier noem. Die een kan musiek maak, die ander een kan bereken, die ander een kan administreer, ‘n ander een maak tuin. Waar eindig dit? En dan sê die Here hierdie werke doen jy nie vir jouself nie, maar vir die vreugde van jou medegelowige en sodat almal kan sien: hier is mense wat vir die Here se Kerk baie wil gee in diensvorm. Ek wens eintlik dit was anders, want diens is moeilik. Dit eis trou, insig, selfverloëning en dit is dinge wat moeilik kom.
Maar Hy neem ons tye in beslag. In Psalm 31 staan daar: ‘Here, my tye is in U hand’. Dit het die digter uitgevind en agtergekom: My tye is nie myne nie, maar hulle is in die hand van die Here. En daarom moet ‘n mens weet dat van jou geboorte af, van die kleinste kind wat jy in die gemeente het, tot by die oudste, is hulle almal deur die Here in beslag geneem.
Nou takel die lewe wat verbygaan jou kragte af en nou vra jy: Wat kan iemand doen wat ‘n kind is, om die koninkryk van God te bevorder? Deur die kinderlike geloof. Deur te weet die Bybel waarvan my ouers my leer is waar.
Een kan vra: Wat kan ‘n ou mens doen in die aand van sy lewe? Dan moet jy Psalm 92 lees: ‘Selfs in hulle ouderdom is hulle nog groen’. Dan vertrou hulle nog op die Here, dit is solank jy kan, en daarna tree die Heilige Gees vir ons in.
Ons moet dus almal weet daar kom ‘n tyd dat ons dit dalk sal nodig hê dat die Heilige Gees vir die Vader sê: Dit is U kind wat hier oud en gedaan lê, of jonk en baie siek. So is die werke van die Here Jesus die eintlike saak in die Kerk en nie die mense nie.
Nou is dit ook opvallend dat die Here Jesus hierdie werk in ‘n tydperk doen, van die sondeval af tot by Sy wederkoms. Dit is die tyd; daarna is die tyd verby, dan is dit net ewigheid. En waar God die Seun dan in die tyd werk, het Hy daarmee vir u en vir my die moontlikheid gegee om te verstaan wat Hy doen. Ons werk ook in die tyd: my dag begin en hy eindig, party s’n begin later en ander vroeër en party s’n hou vroeër op, maar ons lewe in tydperke.
Nou het God verder ‘n wonder gedoen om hierdie arbeid in die tyd waarbinne Hy Sy Kerk bymekaar maak, vir ons maklik te laat verstaan. God het nie nodig gehad om in Genesis te laat skrywe, toe die skepping voltooi was, dat Hy op die sewende dag gerus het nie.
Die woord ‘Hy het gerus’ is in die taal van die Ou Testament ‘n bekende woord, u spreek dit uit: Sabbat. En so het die Sabbatdag en al die Sabbatswette in die Ou Testament gekom en skrywe die Hebreërbrief, daar bly vir ons ‘n Sabbatsrus oor.
Ons werk dus in die tyd, maar rus-rus, en die rus is: met die gedagte en met jou gemoed éénwees met die Skepper, met die Trooster en met die Verlosser. Die Bybel noem dit ook die heilige gemeenskap met God.
Daarom het die Bybel ook nog verder ‘n leerstuk: Jy moenie bekommerd wees oor hoe kom jy by hierdie heilige gemeenskap met God nie. God doen dit, uit die verloregaande mensdom kies Hy uit wie Hy wil, wanneer Hy wil, ander laat Hy staan.
Dan sê mense: Wat ‘n onreg dat Hy nie almal red nie, maar almal is verlore. Wanneer jy dus oor hierdie werk van die Here dink, moet ‘n mens ook ‘n baie suiwer Bybelse mensbeskouing hê. Die mens is nie soos God nie, al wil hy so wees. En hy is ook nie God nie; hy is niks anders nie as een wat op sy dood afleef.
En nou sê die Here: Al sterwe jy eendag, is jy in die Kerk bymekaargemaak en word jy vergader, ja, beskerm en onderhou. Wat kon die ou mense wat die Kategismus geskrywe het, tog die dinge maklik sê: ‘Vergader, beskerm en onderhou’. Ek dink die naaste wat ons daaraan kom in die gewone lewe is in die begrip ‘bestuur’. Feite bymekaarmaak, keer dat dit nie verlore gaan nie en dit toepas.
Ons is besig om as mense tog die werk te doen van ons Heiland, maar dan moet ek nie vergeet nie: Ek wérk soos Hy, ek ìs nie soos Hy nie. Adam en Eva wou mos met die sondeval soos God wees en dan sê die Here: ‘Jesus werk, werk jy ook so’.
Die volgende reeks gedagtes --hulle is minder-- waaroor ons wil praat is: In hierdie vergadering van gelowiges, waarin die werke van die Here so duidelik blyk en waarin die gehoorsaamheid aan Koning Christus groei, sê mense wat hulle glo.
Jy sê waarom doen jy hierdie ding en waarom laat jy ‘n ander juis na: dit is ‘n belydenis.
En die wesenlikste, die diepste van ons belydenis is dat God in ons werk deur Sy Seun, deur die Gees wat ons troos dat ons moed vat, deur die versorging van die Vader wat maak dat daar met ons niks ongewoons gebeur nie.
Die belydenis in die Kerk is die saak waarsonder die vergadering van die gelowiges nie kan bestaan nie. Nou sal een sê: Is die belydenis dan sterker as die Here Jesus? Nee, maar die Here Jesus het daarmee begin en vir Petrus gevra: Wat sê die mense van My, wie sê hulle is Ek? En u ken die antwoord, hy het gesê: Party sê U is Elia wat teruggekom het, ander sê U is een van die profete. En toe hierdie geweldige vraag aan Petrus: Maar jy, wie sê jy is Ek? En u ken sy belydenis: U is die Christus, die Seun van God. En kon hy hoor dat hy salig is, op grond van hierdie belydenis gaan die Here Sy Kerk bou.
En daarom, wanneer jy met jou belydenis kom, gaan jy van woorde na dade. Wat is die dade? Die woorde ken u, die belydenis van die Kerk is vir u nie vreemd nie. Die dade is om met gawes te dien, jy dien ook partykeer een deur nie te gee nie. Gawes besit beteken nie dat jy tydig en ontydig op ‘n ander een se versoek moet gee nie, maar dat die gawe wat jy deel, moet dien tot groter gehoorsaamheid aan God.
Die diakens doen dit altyd as hulle ‘n barmhartigheidsgawe bring na ‘n behoewende. Dan sê hulle: Dit is in die Naam van Christus. Dit het Petrus ons baie goed geleer --ons lees dit in die boek Handelinge, waar ‘n man vir hom geld gevra het, ‘n kreupele. Ek het nie geld nie, maar wat ek het, gee ek: In die Naam van Jesus Christus, staan op en loop. En hy is van sy verlamming genees, toe moet die arme man gaan werk vir geld, hy kan nie meer bedel nie. Maar wat ‘n seën het hy nie ook daarin van die Here ontvang nie.
Ek noem dit as ‘n voorbeeld van hoe gawes in diens, ‘n krag is in jou, wat woorde word. En kom daar ‘n band in die goeie belydenis tussen ons woorde en God se Woorde. In Romeine 8 het Paulus geskrywe: Die Gees van God getuig saam met my gees en Hy sê, Abba, Vader.
So is die goeie belydenis --die krag in jou wat woorde word-- uiteindelik ‘n meespreek met God. En ‘n mens dink nie altyd daaraan dat die meespreek met God nie net is wanneer jy uit die Bybel lees nie, maar wanneer dit oor die belydenis gaan.
Is dit dan te verbase dat die aanval van die duiwel juis oor mense se belydenis gaan. Die ongelooflikste aanval op die belydenis van die Christene gaan in die hanteer van God se Woord deur mense.
Ek noem vir u ‘n voorbeeld wat u goed ken: die nuwe Afrikaanse Bybel noem die Naam van God meer as sesduisend keer verkeerd. En as ‘n gelowige dan anders wil bely, het hy moeilikheid. Die aanval gaan oor jou belydenis: moenie ‘n belydende Christen wees nie, word ‘n liefhebbende Christen.
Liefhebbend? Ja, jy moet mense liefhê. En dit lei tot die laaste paar gedagtes.
Die liefde tussen mense lê daarin dat ons soos God vergewe. Die vergewing van sondes gebeur omdat Christus betaal het, dis om Sy ontwil, Hy het gely, gesterf en betaal. En deur die toedoen van die kwaad van die duiwel het dit gekom dat deur die eeue heen daar ‘n toenemende verset onder mense gekom het:
Die Here Jesus kan my nie alleen, moet my nie alleen verlos nie, ek wil ook daaraan iets doen. Dit was maar hier, dink ek, die vierde eeu min of meer na Christus, toe daardie Pelagius uit Ierland gekom het en gesê het daar is nie so iets soos erfsonde nie. En jy moet maar net besluit om ‘n gelowige te wees dan is jy reg.
Goed, hulle het hom die mond toegemaak, maar elfhonderd jaar later, toe kom dieselfde stem weer deur ‘n ander persoon, deur Armenius. Die vrye wil van die mens om te besluit en die miskenning dat ek in sonde gebore is. Want as ek nie in sonde gebore is nie, kan ek aan my verlossing meewerk.
Hierdie belydenis, hierdie oorgaan van kragte in jou, na woorde saam met God se Woord, die belydenis oor die werke van God, broeders en susters, kom van die Here. En jy besluit nie self daartoe nie, dit is aan ons gegee. Wat ‘n skat, wat ‘n wonder, wat ‘n las word jou nie opgelê as God jou leer om aan die belydenis vas te hou nie. Maar nou moet ons dit doen.
En dit gebeur as ons die liefde van God ken in die vergifnis van sonde. Dat die Here Jesus, wel wetende van Sy verheerliking, angste van die hel deurgegaan en gevra het: ‘Liewer nie, maar Hy sal as dit moet’.
Dink aan Getsemané waar, soos ons met elke Nagmaal sê, die bloedsweet Hom ontpers is. Die Here Jesus het geweet wat gaan kom, maar het ook geweet van daarna, van die verheerliking... daarom kon Hy die vergifnis verdien. En om hierdie rede kan gelowiges ook vergewe.
Nou, ek dink nie die Bybel leer ons, jy moet maar vergewe-vergewe deur die wêreld gaan nie. Daar moet ‘n skuldbelydenis wees, om vergifnis te kan kry en daar moet ook genoegdoening wees, die skuld moet betaal wees, voor die vergifnis kom. Om vergifnis te ontvang is ‘n werk en om dit te gee is ‘n genade; ‘n genade dat jy in die liefde van God geanker is.
Is dit nie die troos wat ons as gelowiges het dat die ewigheid --wat vir ons so onbegryplik lyk en wat jy met ‘n mate van huiwering afwag, wat moet kom na jou dood-- dat die ewigheid nie vreemd is nie. Al ken ons dit nie goed nie, ons ken die troos.
Daar is ‘n Psalm 32 wat sê: ‘Voorwaar, my siel is in my stil, weer een met God se Heilige Wil’. Dan die beeld van die kind wat getroos op die moederskoot slaap. Dit is die troos van die Kerk dat die Here vir ons goed is, dat Hy ‘na die kort verdriet, ‘n ewige vreugde bied’.
As ‘n mens dan nou hierdie hele leerstuk oor die Kerk sistematies deurdink, dan eindig jy noodwendig daarby dat daar troos is in hierdie lewe.
Daar was ‘n man, ons weet nie wie hy was nie, wat verban was uit Jerusalem, uit die tempeldiens na die Libanon-gebergte, waar die Jordaan ontspring. En daar sit hy en hy dink: Hoe het ek nie saam met die juigende skare in die tempel ingegaan nie. En hier hoor ek die ou klein stroompie waarvan ek weet hy word ‘n rivier. En dan is die troos daar: ‘Waarom onrustig, wat kan die spotter of die vyand aan jou doen?’ Want God troos.
Amen

Friday, August 3, 2007
OORDENKING
Ek plaas hierdie keer een van die oordenkings, wat oor Radio Pretoria uitgesaai is
(5-11 Julie) – net verkort.
LEES: Gen 46:20-27; Ps 87
TEKS: Ps 87:6; Gen 46:21(b)
NIE EEN ONTBREEK NIE
Mens kan baie maklik voel dat jy niks in jou lewe beteken het nie. Ons HERE wys ons egter op iets heel besonders in hierdie twee tekste.
Dit was bedoel vir Israel, maar ook vir die kerk, en die enkeling.
1. Vir Israel
Satan het voortdurend probeer om God se volk te vernietig sodat die Verlosser nie uit hulle kon kom, soos aan Abraham belowe is nie.
Vir die ernstige gelowige was Jerusalem en Sion (die Tempel) sigbare tekens van hierdie Verbond. Dit was vir hulle ‘n geestelike tuiste. Hulle het gevoel ek behoort hier.
In swaar tye vir die volk, en vir individue, was daar dus altyd hierdie vastigheid. Hierdie Psalm is waarskynlik ná die terugkeer uit ballingskap gedig, toe Israel steeds baie verdruk is.
Tog: hulle weet God se genade kan nie gekeer word nie. Ek is ook “uit Sion”gebore!
2. VIR NUWE TESTAMENTIESE GELOWIGES
Die psalmdigter sien hoedat selfs nie-Israeliete sal toestroom om God te dien. In die geloof word hulle deel van God se volk.
Hulle is WEER-gebore, deur ‘n geboorte van die hart!
Grootheid word nie vir ons gemeet aan aardse standaarde nie, maar God se volk word getel uit geestelike rykes.
Die tweede Tempel het Christus gesien!
In Hom het die seën oor Abraham na alle volke uitgebrei. Die voorhangsel van die Tempel het geskeur, wat die toegang tot God (simbolies) gesluit het.
In CHRISTUS tel onse HERE sy uitverkorenes: Die en die is daar gebore
3. DIE ENKELING.
Vir ons, wat ons so klein voel, is dit dan besonder, dat ons nou KONINGSKINDERS is
Die twee name wat in Gen 46:21(b) genoem word gee ook lig op hierdie troos: Muppim en Huppin.
Dit is twee betekenislose “name.” Waarskynlik het hulle name deur die tyd verlore geraak. Tóg word hulle nie uitgelaat uit die geslagsregister van Abraham nie. Die twee woorde wat die name vervang het, kan in ons taal iets beteken soos “dinges” of “watsenaam”.
Maar hulle is nie uitgelaat nie!
By God is hulle bekend!
In Jesaja 40 verseker God ons: nie een ontbreek in sy plek nie.
So is die meeste mense ook: skaars bekend. Nie groot in wêreldse dinge nie
MAAR: Ons is gebore in die Verbond !
Almal, groot en klein, dra die Verbondsteken, die Doop. Daarmee word gesê: ook hy/sy is daar gebore. In die geloof almal kinders van Abraham.
Dit lei tot dankbaarheid. God self skryf die getalle op. Ons wil net meer getrou ons lofliedere laat opklink. Ons is deel van die skare, wat deel sal hê aan die Feesmaal van die Lam.
Dan is die stryd klaar gestry.
Miskien is ons nie-geliefd by die wêreld, maar God meet met ander maatstawe!
AMEN
- - - 0 - - -
UIT DIE KERKVERBAND
Beroepe ontvang:
Ds AP de Jager van Volksrust na Newcastle
Ds HJP de Beer van Pretoria-Meintjeskop na Ventersdorp
Ds HV Venter van Reddersburg na Bellville-Oos as medeleraar
Ds AP de Jager van Volksrust na Vryheid
Ds H Reinecke van George na Welkom
Dr J Smit van Witpoortjie na Rustenburg as medeleraar
Ds PJ Grové van Krokodilrivier na Pretoria-Brooklyn as medeleraar
Ds DPJ Erasmus van Jeffreysbaai na Amanzimtoti
Ds WM Snyman van Aranos na Welkom
Ds DJA Booyens van Ermelo na Cachet as medeleraar
Proponent Peet J van den Berg na Pretoria-Wes
Ds JA Berg van Vaalwater na Ventersdorp
Ds AF Berg van Bothaville na Standerton
Ds AH Stavast van Henneman/Ventersburg/Senekal-kombinasie na Newcastle
Ds AP Kruger van Boksburg-Suid na Welkom
Proponent Peet J van den Berg na Glencoe/Ladysmith-kombinasie
Ds PH Fick van Komatipoort na teologiese skool potchefstroom as professor in die deelpos van Kerk-Dogmageskiedenis en Latyn
Ds OJ Struwig van Hoedspruit na Ladysmith/Glencoe-kombinasie
Ds JA Berg van Vaalwater na Daniëlskuil/Delportshoop-kombinasie
Ds WJ Botha van Frankfort na Witpoortjie
Ds MJJ Erasmus van Koedoesrand na Die Kandelaar as sendeling vir Eersterust en omstreke
Beroepe Aanvaar:
Ds GC Coetzee van Groblersdal na Nigel

Ds PH Fick van Komatipoort na teologiese skool

.
Beroepe Bedank:
Dr De W Saaiman van Queenstown/Dordrecht na Amanzimtoti
Dr VE d’Assonville van Colesberg/Philipstown na Welkom

Dr HG Stoker van Rietvallei na Cachet as medeleraar
Ds RA Bain van Potgietersrus-Wes na Standerton
Dr MJJ Erasmus van Koedoesrand na Clencoe/Ladysmith

Ds AH Stavast van Henneman/Ventersdorp/Senekal-kombinasie na Newcastle

Ds OJ Struwig van Hoedspruit na Ladysmith/Glencoe
- - - 0 - - -
Brief van Willie en Irene Labuschagne in die Emirate:
Hi liewe kerk-vriende
Na verdere gesukkel met sisteme hier in die Emirate, kan ek vandag rapporteer dat ek nou weer ‘n nuwe e-pos adres het, een wat nou hopelik gaan werk!! Ons het onlangs agterge-kom dat my mweb verbinding nie werk nie, en dat die e-mails wat ek stuur, en die boodskap van “sent” wat elke keer op skerm sien, toe niks van die aard is nie. Ek is jammer vir al die inligting wat nie na julle almal deur gekom het nie. Nou is alles weer reg, en my nuwe adres is:
Irene111@emirates.net.ae
Eerstens dan baie dankie aan al my wonderlike vriende wat soveel moeite gedoen het om my te sien en te onthaal met die afgelope besoek. Ek het elke kuier so geniet, en my mandjie omtrent volgepak om terug te bring. Hier het ek breedvoerig kom terug rapporteer aan Willie, en dit was weer ‘n lekkerte van voor af. Dit is vir ons so belangrik om ons band tuis sterk te hou. Baie dankie vir al julle liefde, ons waardeer dit opreg.
Omdat die tyd tuis vir my so kosbaar was, en ek die tyd optimaal benut het, was dit vir my makliker om terug te kom in die wete dat alles hier nie meer so baie vreemd is nie. Willie het mooi oorleef, hoewel hy sê dat hy 5kg gewig verloor het! Hier is ons nou terug in ons roetine, en behalwe vir die hitte wat met mening nou op ons toegesak het, gaan alles baie goed. Alle expats poog om gedurende Junie tot September met verlof te gaan na ander wêrelddele, waar die weer matig is, so daar is tans algehele uittog, veral omdat skole ook jaareind het en kinders nou omtrent 2,5 maande vakansie het. Aktiwiteite vir almal kom tot halt, en koffie-oggende, kwiltklasse begin eers weer Sept.
Ons kerkgemeenskap hier in Al Ain (waar ons bly) vorder ook nou goed. Ons dienste is nou verskuif na Sondagaande 7 tot 9. Ons het nou ‘n saal bekom, en die predikant van Dubai lewer gereeld dienste. Ons leer ook meer mense ken, en hulle beoog selfs ‘n Bybelstudiegroep van begin September. Ek het ‘n wonderlike groep dames van my portuur onlangs ontmoet, wat weekliks vergader sommer hier naby my. Meeste van hulle is al `n geruime tyd hier, en ek kan ook nou weer baie nuwe inligting kry van waar en hoe om sekere dinge te bekom, ens. Ek vra nog baie vrae en leer baie by hulle.
Met Willie gaan dit baie goed, en sy werk verskaf aan hom baie vreugde. Hy leer hierdie kultuur beter verstaan en kan nou vordering in sy dept sien. Hy is tans besig om hom al meer te omring met bekwame mense, en werf heelwat uit SA.
Ek is eerste week in Julie in SA tot begin September, aangesien dit te warm word hier, en Willie na verskeie kongresse gaan. Ons gesels weer. Baie groete aan almal, en onthou my nuwe adres!!
Vrede en vreugde vir julle
WILLIE EN IRENE
- - - 0 - - -
TSONGA-BYBEL: 100 JAAR
Dit is vanjaar net mooi ‘n eeu gelede dat die eerste volledige Bybel in Tsonga verskyn het. Dié Bybel is in twee dele in Switserland gedruk en deur die Britse en Buitelandse Bybelgenoodskap gepubliseer.
In 1875 begin twee Switsers, Paul Berthoud en Ernst Creux, die sendingstasie, Valdezia, in die noorde van Suid-Afrika. Die boere in die omgewing het die sendelinge gewaarsku dat die taal van die plaaslike bevolking nie maklik aangeleer kan word nie. Hulle het egter volhard en in 1883 verskyn’n boekie waarin onder andere die Tien Gebooie en uittreksels uit die Evangelies in Tsonga opgeteken is.
Om die Bybel vir die mense in hulle eie taal beskikbaar te stel, was vir die groepie sendelinge noodsaaklik. In 1892 verskyn die eerste volledige Bybelboeke in Tsonga, naamlik die evangelie volgens Lukas en die Handelinge van die Apostels. Berthoud, Creux en twee moedertaalsprekers was grootliks hiervoor verantwoordelik. In 1894 verskyn die volledige Nuwe Testament en toe in 1907 die volledige Bybel.
Vandag het die bykans 2 miloen Tsongasprekendes in ons land, sowel as die meer as 1,5 miljoen Tsongas wat in Mosambiek woon, ‘n Bybel.
Tsonga Christene het steeds ‘n behoefte aan die Bybel in hulle taal en die vreugde om ‘n eie Bybel in jou moedertaal te ontvang, was onlangs duidelik sigbaar tydens ‘n diens wat in die Olifantskamp in die Nasionale Krugerwildtuin gehou is om die 100ste bestaansjaar van die Tsonga Bybel te vier. ‘n Hele aantal van die personeellede daar is Tsongaspre-kend en van hulle het met groot dankbaarheid vir die eerste keer ‘n eie Bybel ontvang.
- - - 0 - - -
As ruimtevullers gebruik ons weer van skrywer/digter CJ Langenhoven se spreuke.
= As jy nie goeie geselskap kan kry nie, probeer om dié wat jy kan kry, goed te maak.
= Bly spaarsaam sodat jy vrygewig kan bly.
- - - 0 - - -
SY WOORDE OPEN JOU Oë
Die legkaart is vandag voltooi. So beskryf Esté van Zyl, die ABET (Adult Basic Education and Training)-koördineerder vir die De Doorns/Touwsrivier area, dié geleendheid waartydens die Bybelgenootskap van Suid-Afrika ‘n Grootdrukbybel in Afrikaans kom oorhandig het aan ‘n merkwaardige vrou van Touwsrvier: die 98-jarige Anna Ernest. Anna het op ‘n hoë ouderdom van 97 vir die eerste keer leer lees en skryf en vandag hou sy opgewonde haar eie Bybel vas wat sy self kan lees. “As jy die Bybel self kan lees, open die Here jou oë deur sy woorde,” is al wat sy kan sê.
Anna het op ‘n plaas grootgeword. Haar familie was baie arm en sy het eers skape opgepas en later mense se huise skoongemaak. Met behulp van Esté van Zyl en die onderrig van ‘n plaaslike afgetrede onderwyseres, Dina Kippies, het Anna geleer lees en skryf.
Ongeletterdheid is ‘n groot probleem in Suid-Afrika. Tussen 12 en 20 miljoen mense in die land is nie funksioneel geletterd nie. Dit beteken dat die Bybel vir hulle ‘n geslote boek is.
Anna sê dat sy op 98 nog baie jonk voel, want, “ek het dan onlangs eers leer lees. Hoe meer ek in my Bybel lees, hoe meer wil ek lees en leer”.
- - - 0 - - -
= Vir die bestendige goeie werkman, soos vir die bestendig-slegte, is daar geen lof nie.
= Daar is mense wie se oë so bestendig na bó gerig is, dat hulle nie sien hoe min hulle hande hier onder op aarde doen nie.
= Moenie jouself in ‘n posisie plaas waarin jy ‘n verduideliking moet gee nie. As hulle dit nie glo nie, dink hulle jy is skuldig.
= Daar is twee soorte werksmense: een werk vir sy loon, en die ander word beloon vir sy werk.
= Van al die paaie wat ek al gekom het, dink ek met meer genot aan die opdraendes waar ek uitgesukkel het, as aan die maklike afdraendes waar ek afgerol het.
= Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.
= Hou jou glimlag vir jou vyand, jou trane vir jou vriend, jou hart vir jou medemens, jou oordeel vir jouself en jou gewete vir jou God.
- - - 0 - - -
EUROPA-CHRISTELIK OF MOSLEM? –H.de Villiers
A.
CHRISTELIK
In ‘n artikel in Kerkblad (Jun. 07) skryf Herman Toerien oor die veranderings in Europese regerings.
Nederland
Christelike partye het oorgeneem. Daar word gestreef na terugkeer na Christelike norme.
Duitsland
Die Christen-Demokratiese Unie is deel van die regering. Daar is bv. ‘n ooreenkoms met die Lutherse en Roomse gesluit om Christelike skoolleerplanne te herstel.
België, Swede en Denemarke
In Vlaandere regeer die Christen-demokrate. In Swede ook.
Veral oor die Moslem-indringing begin Christene nou wakker word. Toerien verwys ook na Amerika, waar die Christian Coalition vier miljoen lede het! Hulle is hewig aktief.
MOSLEM?
In hierdie selfde kwartaal lees ek deel van ‘n reeks oor Islam (Moslems) in Europa.
Alleenlik die Christendom kan hulle invloed teenstaan. Die aardse humanisme en new age kan dit nie oorwin nie.
Europa het veral einde 1900’s in massa’s die kerke verlaat. Hierdie skrywer stel dat Europa kultureel en ekonomies besig is met selfmoord. Hulle verraai hulle toekomstige geslagte
Daar is ‘n hewige toestroom na paganisme (heidendom). Skrywer vergelyk Europa met Rigters 2:10, dat daar ‘n ander geslag gekom het wat God nie geken het nie..
Hy sê hulle “has rejected the pleasure of worship and replaced it with the worship of pleasure”.
Relatiwisme, evolusionisme, situasie-etiek, reinkarnasie, Harry Potter, Da Vinci Code Hoax, Gospel of Judas en okkulte (new age) is aanvaar, in die plek van Christus.
B Seëninge deur die Evangelie (vanuit Europa)
Vanaf die Hervorming het Europa die dominante industrie wêreldwyd gehad
(vir lank) en baie gegee aan die lande, wat op ander maniere weer deur hulle
uitgebuit is:-
= Mediese wetenskap wat lewens red.
= Landboukunde, bv. waar die houtploeg wat een familie voed, vervang word met ‘n ysterploeg wat drie families voed, dan die trekker wat sestig voed. Hongersnood verminder.
= Geletterdheid kom na volke wat geen geskrewe taal het nie.
= Demokrasie en regverdige wetgewing (soms).
= Afskaffing van slawerny (eers later).
= Paaie, spoorweë, brue, skole, hospitale, howe, kerke en die Bybel in honderde tale.
Dit was die invloed van die Reformasie , maar Europa oorleef slegs op geleende seëninge (van hulle voorouers af).
Hulle sny hulself af van die Bron van lewe. Hulle het God vergeet!
Daaroor sê die skrywer: Deur sy kinders te aborteer, aborteer Europa sy
toekoms. Deur die skole te ontkersten, veroordeel hy sy jeug. Deur sy
samelewing te verheidens, word sy inwoners pervers. Deur die miljoene
Moslem immigrant-werkers, pleeg hy selfmoord.
- - - 0 - - -
VOLGORDE VAN DIE OU TESTAMENT
Miga se profesieë – Miga 4 tot 7, volg ongeveer op Jesaja.
Geveg om Jerusalem: 2 Kron 32:1; Jes 36:1; 2 Kon 18:13-16; 2 Kron 31:2-8
2 Kon 18:17-26; 2 Kron 32:9-14; Jes 36:2-1; 2 Kon 18:27-35; 2 Kron 32:15-19;
Jes 29:1-24; Jes 30: 1-31:9 Jes 32:1-20; 33:1-24.
Hiskia as koning in hierdie tyd: 2 Kon 18:36-37; Jes 36:21,22; 2 Kon 19:1; Jes 37:1.;
2 Kon 19:2-7; Jes 37:2-7
Dan plaas sommiges Ps 44 hier.
Verdere stryd om Jerusalem: 2 Kron 32:17; 2 Kon 19:8-13; Jes 37:8-13; 2 Kron 32:20;
2 Kon 19:14-19; Jes 37:14-20; Ps 73
Jesaja en Hiskia: 2 Kon 1:20-34; Jes 37:21-35
Nog verdere geskiedenis van hierdie tyd: 2 Kon 19:35-36; 2 Kron 32:21-22.;
Jes 37:36-37; Ps 75 en 76; 2 Kron 32:23-30; 2 Kon 20:20; 2 Kon 20:12-19;
Jes 39:1-8; 2 Kron 32:31; 2 Kon 20:21; 2 Kron 32:32-33
Goddelose Manassa: 2 Kon 17:24-41; 21:1-9; 2 Kron 33:1-9; 2 Kon 21:10-15;
2 Kron 33:10; Jes 22:15-25; 2 Kon 19:37; Jes 37:38; 2 Kon 21:16; 2 Kron 33:11-17;
2 Kon 21:17,18; 2 Kron 33:18-20
Amon: 2 Kon 21:19-22; 2 Kron 33:21-24; 2 Kon 1:23-25
Gehoorsame Koning Josia: 2 Kon 21:24; 2 Kron 3:25; 2 Kron 34:1,2; 2 Kon 22:1-2;
2 Kon 23:25
Nahum:1: 1-3:19
Jojakim: 2 Kron 34:3-7 (Profeet Daniël in hierdie tyd ongeveer gebore)
Jeremia: 1:1-3:5; Sefanja 1:1-3:20; 2 Kon 22:3-20; 2 Kron 34:8-28; 2 Kon 23:1-3;
2 Kron 34: 29-32; Jeremia 3:6-6:30; 2 Kon 23:21-27; 2 Kron 35:1-19; 2 Kon 23:4-24;
2 Kron 34:33
Jeremia 7: 1-12:17
Babel word ‘n wêreldmag (volgende keer, DV)
- - - 0 - - -
= Moenie ongeduldig wees met die gesprek van ‘n dwaas nie, hy gee die beste wat hy het, en hou niks agter nie.
- - - 0 - - -
FIGURE UIT DIE KERKGESKIEDENIS (Luther, vervolg)
Die Roomse Pous het geld nodig gehad om hulle reuse gebou in Rome te voltooi.
Slim plan: verkoop “aflaat-briewe” aan die bygelowige volk. Daarvolgens kon mense geld betaal om oorledenes uit die “Vagevuur” te verlos. Dit is, volgens die Roomse, ‘n voorportaal van die hel, waar mense nog bietjie moet straf dra en betaal vir hulle sondes.
Onmiddellik het Luther reageer, en 95 stellings teen die Roomse dwalings opgestel. Dit het hy aangebring op die Kerkdeur in Wittenberg, Duitsland.
Tereg word gesê dat Luther se hamerslae deur die hele wêreld weerklink het.
Die Protestantisme het begin – die protes in alle lande teen die on-Bybelse en heidense Roomse leer. Tientalle Protestante is in die volgende 300 jaar deur die Roomse gemartel en vermoor, omdat hulle die Skrif eerder geglo het as die Pous.
Soos God Paulus wes-waarts gedryf het met die Evangelie, sou Hy dit nou ook weer doen. Eers het die Protestantse Nederland, en daarna ook Engeland veel groter dele van die wêreld bereik en oorgeneem, as die Rooms-gesinde lande.
Ons sien vandag nog die goeie gevolge, waar Protestante heers, teenoor die swak lewens in lande waar die Portugese en Spanjaarde oorgeneem het
Hoewel dekadensie wêreldwyd is, is die behoudende werk van die Protestante in hulle lande groot.
Oor Luther se veelbewoë lewe, sê ons nie verder meer nie, behalwe dat hy voortdurend vervolg is, maar vasgestaan het by sy geloof. Ons kan maar net stel dat God in hom die regte man op die regte tyd gegee het.
Mag ons ook in hierdie tyd van afval van die waarheid so vas staan. Laat dit wees met die woorde wat aan Luther toegeskryf word:
“Hier staan ek, ek kan nie anders nie, GOD HELP MY!”
- - - 0 - - -
= Moenie inmeng waar twee baklei nie. Hulle slaan mekaar net van èèn kant af, maar vir jou takel hulle van twèè kante af.
= Leen jou ore uit aan almal wat ‘n tong het, maar moenie jou tong uitleen aan almal wat ore het nie.
- - - 0 - - -
HANDELSMERKE
Hierdie stuk is `n verkorte vertaalde weergawe van `n e-pos wat Br Nico vd Dussen gestuur het. Dit is geskryf deur Neil Boorman, en die titel: “Bonfire of the brands”.
Die stuk begin met die volgende aanhaling:-
“In this secular society of ours, where family and Church once gave us a sense of belonging, identity and meaning, there is now Apple, Mercedes and Coke.
These brands offer us a set of beliefs and goals which we can aspire to.”
Oral om ons sien ons handelsmerke :flitsende neon, borde, en daar is etikette op ons klere, tekkies en alles wat ons hanteer.
Die skrywer stel dat hy verslaaf was aan “labels”.
Hy het uit sy pad gegaan om “die beste” te hê. (statussimbole).
As iets aangebied word, word, moet dit geborg word deur die bekendste make. Jy moet byhou om iets te wees.
Dit is nét Adidas, Technics, Budweiser, Sony wat tel.
Bekende maatskappye betaal onnoemlike bedrae om hulle naam op sportspanne se klere te kry. Ons word letterlik toegepleister met etikette. Daar is sekere handelsmerke wat díe onderste grens aandui, waaronder jy nie moet val as jy in tel wil wees nie.
Dit het die skrywer begin kwel.
Dit is bereken dat die gemiddelde mens in Engeland daagliks met meer as 3000 advertensie-boodskappe oorspoel word!
Jou selfbeeld (sê die advertensies) gaan ly as jy “minderwaardige” etikette dra.
Jy moet Reeboks dra en “Docs”. Die wyse waarop jy geld spandeer definieer jou. In 1899 het Thorstein Veblen al geskryf oor die “Theory of the Leisure Class”.
Kevin Roberts , van Saatchi & Saatchi, het die volgende gesê: “As groot handelsmerke wil oorleef, moet hulle lojaliteit skep. Die geheim daarvan is om misterie, sensualiteit en intimiteit te skep. ‘n Langtermyn emosionele band moet met verbruikers geskep word”.
Skrywer stel dat hy díe beloftes geglo het dat sekere handelsmerke hom meer aantreklik maak, meer suksesvol, gelukkiger. Tog het dit met tyd hom terneergedruk gemaak.
Hy het besef die handelsmerke het sy pyn veroorsaak. Vir elke nuwe statussimbool wat hy gekoop het en elke nuwe “uitbreiding” vir sy identiteit wat hy bygekry het, het hy iets van homself verloor.
Hoe kan dit iets vir hom doen? Dit is maar net handelsmerke!
Hy het besluit om daarvan ontslae te raak. Om geluk daarbuite te vind, sy regte “ek”.
Hy het ‘n Handelsmerk-vrye lewe begin. Hy moes liewer besluit wat hy nodig het, en níe wat hy “wil hê”nie. Noodsaak , eerder as status.
Dan sal hy dalk begin om stoflike dinge te beoordeel op die regte grondslag.
(N.S. Ek dink ek is op die regte spoor by Pepstores! - Ds Hennie.)
- - - 0 - - -
Die Ou Testamentiese Apokriewe (vervolg)
-Deur J.Boer (vertaal en verkort)
DIE BOEK VAN DIE OPREGTE:
Dit word nie genoem in art. 6, Nederlandse Geloofsbelydenis nie.
Daar word in Josua 10:13 en 2 Sam. 1:18 na hierdie bek verwys, as aanvullende en bevestigende getuienis. Die titel beteken eintlik “die juiste of ware verhaal.” Dit gee uitvoerige beskrywing van gebeure van die skepping af tot die verowering van Kanaän, wat in de Bybel slegs kort weergegee word.
Hierin word vertel dat Henog ‘n groot leraar was, nie net in die Wet van God nie, maar ook in ander wetenskappe. Daarin word vertel dat daar wel bekering was in sy dae, maar die goddeloosheid het later steeds meer geword.
Verder word van Noag se roeping vertel, hoe hy saam met Metusalem teen sy tydgenote profeteer het en 120 jaar gegee het vir hulle bekering. Intussen is die ark gebou en het die Sondvloed gekom. Metusalem sterf kort voor die Vloed. Hiervolgens sou Noag se seuns in opdrag van God met Metusalem se drie dogters getrou het.
Dan volg hoe die mensheid na die Sondvloed oor die aarde versprei het, oor hoe Nimrod oor Mesopotamië geheers het (die Babel-bouer) en van konflik tussen Abraham (en sy vader Tera) met Nimrod, oor Tera se afgode. Hiervolgens sou Nimrod die doodstraf oor Abraham uitgespreek het, omdat hy Tera se afgode met ‘n byl vernietig het.
Abraham sou dan aan die vuurdood ontkom het.
Daar volg ook geskiedenis van Izak, Jacob en Josef - met ‘n minder gunstige tekening van Josef. Verhale van Simsonkrag van Jakob se seuns word vertel, oor die onderdrukking in Egipte, oor Moses, die uittog uit Egipte en die woestynreis tot met die verowering van Kanaän.
Daar is oordrywings in die boek, waarskynlik met Joodse oorskrywing. Dit verswak die outoriteit van die boek. Die oordrywing was waarskynlik om Joodse patriotisme te streel, met aandik en dramatisering.
Hoewel vroom bedoel, kan die boek daarom nie as historiese geskrif tel nie, en dit het geen Goddelike gesag nie. Tog is dit die moeite werd om te lees.
- - - 0 - - -
Die volgende artikel het ek tussen ou papiere in die kerk se kluis ontdek.
Br Leonard vd Dussen het hierdie verslag jare gelede geskryf (Ds Hennie.)
KENNIS IS MAG.
VERSLAG OOR BESOEK AAN HATFIELD BAPTISTE TE GARSFONTEIN OP SONDAGOGGEND 24 AUGUSTUS 1986.
Ons het ongeveer ‘n halfuur voor die aanvang van die “erediens” by die kerk aangekom en is by die deur elkeen met ‘n handdruk en ‘n sagte “God bless you!” begroet. Binne in die kerk het ‘n gesellige atmosfeer geheers van mense wat vrolik met mekaar gesels, hoewel daar ook heelwat was wat verveeld rondgekyk het.
Die orkes het hul plekke op die verhoog gaan inneem en na die instrumente tot hul bevrediging gestem was, het die musiek begin:
Sentimentele kontemporêre musiek met ‘n “gospel” – inslag; trompette, viole, fluite, elektroniese orrel en dies meer.
Ongeveer nege-uur het die sangleier vanaf die kateder op die verhoog die samesang gelei. Woorde word op ‘n reuse elektroniese bord agter die verhoog getoon. Liedere is merendeels Engels en die woorde baie herhalend van aard. Tipiese frases soos “loof die Heer” en “We shall conquer” kom dikwels voor. Jesus Christus word besing as die onoorwinlike leidsman vir wie die wêreld verower sal word. Enkele mense het hul hande vorentoe opgesteek in meegevoel met hul sang.
Die liedere is soms vrolik en dan word daar ritmies saam hande geklap, hoewel dit soos die sang nie besonder entoesiasties gedoen is nie.
Na ongeveer ‘n kwartuur se sang het Ed [die hoof-pastoor] oorgeneem en die vers gelees waar God aan Josua die oorwinning oor Jerigo belowe (Josua 6:2). Hy verduidelik toe dat dit is hoe God Pretoria, die land en die wêreld in ons hand gee om dit vir Hom te verower.
Hy het vertel van die strategie wat hulle (die kerkleiding) beplan het in samewerking met die ander charismatiese kerke en het gevra dat elkeen nou moet uitgaan om die stad te verower sodat God se Koninkryk gevestig kan word.
Daarna het verskeie pastore getuienisse gelewer oor verskillende sake soos die noodsaaklikheid om die Heilige gees te ontvang, om weg te doen met rasse-onderskeid en die noodsaaklikheid van kerkeenheid.
Een het sy getuienis in ‘n eentonige sangstem gelewer.
Vervolgens is al die streke se pastore vorentoe geroep om die groot aantal nuwe pastore (deel van die nuwe oorwinningstrategie) in te seën. Ed het egter gevra dat die twee hoofstreekleiers van Pretoria hom die hande oplê en God se seën oor hom uitspreek alvorens hy hulle die hande oplê. Hulle het dit so gedoen waarna hulle weer voor hom geniel het en geseën is.
Vervolgens onder sagte sang van die gemeente met orkes se begeleiding, is die nuwelinge een vir een lank omhels en sterkte toegewens. Toe dit so halfpad klaar was, het ons vertrek; na ‘n uur en ‘n half.
Daar was geen sprake van ‘n erediens nie. Mens-tot-mens-verhoudinge is geweldig beklemtoon. Ed het self groot gewag gemaak van die feit dat juis hy geroep is as leier van die nuwe oorname van die stad en die land vir God, en het sy besondere talente om dit te doen, beskryf.....
Geen lid van die JJ.V. was huiwerig om te loop toe een die voorstel maak nie. Dit was tekenend van die gevoel wat mens kry dat jy nie daar hoort nie, dat God in waardigheid en heiligheid binne die vaste norme van sy Woord en die tydbeproefde tradisies en gewoontes van die Christelike kerk gedien moet word.
- - - 0 - - -
TWEE KANTE VAN ‘N SAAK
Met die sprake van olie wat opraak, wil olie-lande soveel moontlik geld maak. Petrol-pryse wat styg, laat outomaties alles styg.
IS PETROL EGTER WERKLIK SO DUUR?
Die volgende e-pos laat mens nadink......
Dieet-Coke, 100ml @R2.80 = R28.00 per liter!
Lipton ys-tee, 200ml @ R3.50 = R17.50 p/l.
Amstel 750ml @ R9.50 = R12.60 p/l
Energade 250ml @ R3.00 = R12.00 p/l
Remvloeistof 100ml @ R6.00 = R60.00 p/l
Vicks neus-sproei 50ml @ R9.00= R180.00p/l
Hugo bos-sprei 50ml @ R225.00= R4500.00p/l !!!
Wat betaal mense vir die “spesiale” botteltjies water?
500ml @ R15 @ R30 p/l (vir water)
Die e-pos sê dan pittig:
Volgende keer wat jy by ‘n pomp stop, wees bly jou motor loop nie
op een van hierdie duur produkte nie.
Dan sluit dit af: As jy nie hierdie informasie verder aangee nie, gaan jy ‘n pap wiel kry!
- - - 0 - - -
HELP !
(Ds Hennie)
Tannie Marietjie Fourie het vir lank kos vir die Danville Projek elke Woensdag gaan haal by Uitkyk Vleismark in Silverton. Sy bly egter nou baie ver, en ek het die takie oorgeneem.
Daar is egter ses-weke per jaar wat ek weg is, en ek vra weer asb vrywilligers om net daardie paar kere te help.
As daar Ses gewilliges is, is dit net een maal per jaar wat elkeen hierdie stukkie werk hoef te doen
Skakel my asseblief !
Met my langverlof, einde September, het ons iemand nodig vir 26 September, asook 3, 10 en 17 Oktober.
- - - 0 - - -
Die “sleutel van die kennis” (Luk 11:52) en die Psalmomdigting 2001
Die valse eksegese (Skrifverklaring) van die Joodse teoloë
- Prof VE D’Asonville -
Dit is Jesus Christus wat van “die sleutel van die kennis” in die Kerk praat. Ons lees dit in Luk. 11:52:
“Wee julle, wetgeleerdes, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem; self het julle nie ingegaan nie, en vir die wat wou ingaan, het julle verhinder”
Dit was die hoogtepunt van ‘n verdoemende reeks herhalings van “wee julle” oor die Fariseërs en Wetgeleerdes. Hulle was die toonaangewende teoloë van destyds.
En is daar ooit ‘n groter woord van vervloeking as die “wee hulle” wat kom uit die mond van Jesus Christus? Dan kom die lewe tot stilstand. Daar is geen uitkoms meer nie. Alle deure word toegesluit. Die kerk word pikdonker met die Bybel en al. Geen redding vir die sondaar meer nie.
Hierdie “wee julle” wat Jesus uitspreek is die teenoorgestelde van die “salig is hulle” in dieselfde hoofstuk:
“Salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar” (Luk. 11:28).
Vreeslik is die oordeel oor die mens wat “die sleutel van die kennis” wegneem. Soveel verskrikliker word dit as die kerkleiers (teoloë) hierdie sleutel uit die kerk verwyder! Dit was die groot misdaad van die Wetgeleerdes.
Hierdie manne met al hulle Bybelkennis gaan self nie die Koninkryk van God in nie, maar hulle versper ook die pad vir die ander wat wil ingaan – juis vir die arme, verlore sondaars . Die sleutel wat hierdie Koninkryk moet oopsluit, word verwyder. Met die Heilige Skrifte in die hand, verwerp hulle die Seun van God. Met al die wetskodes en reglemente waarmee hulle die orde wil handhaaf, word die evangelie van genade uitgeban.
Jesus Christus is die sleutel
“Die sleutel van die kennis”...Wat is dit? Dit is die kennis van God in Jesus Christus en sy Woord. Dit is die enigste ware “teologie”. Met hierdie kennis word die Koninkryk van God oopgesluit. Dit is die enigste suiwer, ware Skrifuitleg waarvan Jesus Christus die INHOUD is. Hierdie saak is so allerbelangrik dat die apostel Petrus aan die kerk skryf:
“Julle moet veral dit weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie” (2 Pet.1:20).
Juis die hele Ou Testament verkondig Jesus Christus. Hy, ons Verlosser, sê dit oor en oor aan die Skrifgeleerdes en ons:
“Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het, en dit is die wat van My getuig. En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie”
(Joh.5:39-40).
“O, onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het!....En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.” (Luk.24:25,27).
“Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in Moses en die profete en die psalms vervul moet word.” (Luk.24:44).
Sonder Christus, geslote kerkdeure
Met die sleutel Jesus Christus staan of val die kerk – ook ‘n gereformeerde kerk. En hierin is Christus se uitroep van “wee julle” vir ons ‘n aangrypende waarskuwing. Met die volmaakte Bybel en die mooiste digwerk in die psalms en ook die Dordtse kerkorde in die hand, kan die deure van God se Koninkryk steeds toegesluit bly. Met die roemrykste tradisies en ‘n effektiewe “gereformeerde” sisteem, kan sondaars voor geslote poorte staan – want iemand in die gemeente het die sleutel weggegooi.
Die Wetgeleerdes (teoloë) het die wet geken. Hulle besit die teks van die ou Testament. Die Joodse Talmoed (tradisies, sedelesse ordereëlings, “sinodebesluite”) is altyd byderhand. Die struktuur van hulle godsdiens om die artikels van die wet na te kom, is presies uitgewerk. Aan die buitekant van hierdie “kerklike struktuur” is die beker en die bord skoon, maar, so sê Jesus aan hierdie teoloë, “van binne is julle vol roof en boosheid” (Luk.11:39)
Die Nuwe Psalm-omdigting 2001
Hoe is dit tog moontlik? Die Christus profesieë is uit die Nuwe Psalmomdigting van 2001 “verwyder”. So het die digter van die Psalm-omdigting dit in die Sondagkoerant, Rapport van 4 November 2001, aan ‘n joernalis vertel. Hy vertel van die “Messiaanse verwysings in sekere psalms wat nou op grond van nuwe navorsing verwyder is” (p.25)
Behalwe die “verwydering” van die Wet (bv. Ps 1) en die Verbond (bv. Ps 25) op plekke uit die psalms, weet ons dat die verwysings oor Christus o.a. uit die volgende berymde Psalms met opset weggelaat is:
Psalms 2;7, 22:8, 22:17b, 22:23, 22:24, 31:6, 37:11, 41:10, 45:7, 47:6, 67:3, 68:19, 69:10, 82:6, 89:13 en 110:1
Oor Psalm 110 het die digter in Die Kerkbode van 13 April 2002 verklaar dat hierdie Psalm “volgens my teologiese adviseurs.... nie ‘n Messiaanse Psalm” is nie. Gereformeerde teoloë?
Het hulle nie hulle Bybels gelees nie of was dit moedswillig? Die dwaling is oorstelpend. Psalm 110 word ten minste 13 keer in die Nuwe Testament direk op Jesus Christus toegepas; ook deur Jesus Christus self om sy godheid teenoor die Fariseërs te bewys (Mat. 22:44; Mark.12:36; Luk.20:42). Psalm 110 is vir Petrus op die Pinksterdag die bewys dat Jesus Christus die heilige Gees uitgestort het (Hand.2:34).
Die sleutel van die kennis uit die Psalms weggeneem
Dit is ‘n meedoënlose feit: Die Nuwe Psalmomdigting 2001 het Christus uit die Psalms verwyder. Die digter vertel dit self en ons kan dit bewys. En nou?
Wie kan dit met ‘n vrye gewete in die kerk sing? Hoe is dit tog moontlik dat die sinode besluit het dat ons in die eredienste Psalms sonder Christus moet sing? En ook die kinders by hulle katkisasies moet sulke Psalms leer. En ook by ons huisgodsdiens! Die sleutel is weggeneem. Die deure van God se koninkryk word toegeslaan.
“Elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is” (Mat.10:34).
“Elkeen wat hom vir My en My woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele” (Markus 8:38 en Luk 9:6).

Subscribe to:
Posts (Atom)